Laerskool Laeveld se onlangse gr. 2- en 3-redenaarsaand het bewys dat dié skool se leerlinge hulle sê met oortuiging kan sê.
Die skool se skakelbeampte, me. Sonja Holtzhausen, het gesê dat toesprake van hoogstaande gehalte met baie selfvertroue gelewer is. Volgens Holtzhausen het onderwerpe gewissel van “Om van ‘n padda vere te probeer pluk” tot “Ledigheid is die duiwel se oorkussing”.
Hanri Coetzee het die afdeling vir gr. 2’s gewen en Reinhard Grobler was tweede. Elbé Janse van Vuuren was in die derde plek. Andelé van der Merwe was die wenner in die gr. 3-groep. Luné Meyer was tweede en Chané Steyn derde.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

