Vikings verras teëstanders
Aan die einde van die dag, het Laerskool Barberton met nege goue medaljes teruggery na die dorpie toe.

Die eerste seunsatleet wat op die boonste trappie van die podium gestaan het, was Vukani Ngwenya in die o/12-seuns hoogspringitem. Hiermee het hy 887 Absa-punte verdien nadat hy 1,41 meter oor die lat gevlieg het. Sazi Shongwe (o/10) was haar skool se eerste dogter op die podium nadat sy ‘n eerste plek in die dogters 70-meterhekkies in ‘n tyd van 15,03 gehardloop het.
Hoof van Laerskool Barberton, mnr. Robert Naudé
Namens Laerskool Barberton wil ons die hoof van die gasheerskool, mnr. Arrie Henn én die skool gelukwens met die uitstekende interlaer die afgelope Vrydag. Dit was ‘n voorreg om die heerlike atletiek te kon aanskou en die dag te kon geniet. Dit was ‘n reusesukses. Ons wens graag Laerskool Nelspruit alle sukses en voorspoed vir die volgende 100 jaar toe.




















































