School sportSport

Borge ‘n groot deel van interlaer-sukses

Laerskool Nelspruit het verlede week die 34ste Hi-Tech Interlaer-atletiekbyeenkoms aangebied.

Die hoof van Nellies, Arrie Henn wil graag net wéér ‘n opregte woord van dank en waardering teenoor die titelborg, Hi-Tech uitspreek.

“Hi-Tech het in 2014 reeds aan boord gekom. Ons kon nie vir ‘n beter titelborg gevra het nie. Hulle het ook die sekuriteit en nooddienste gratis voorsien.

“Ons moet egter nie van al ons ander borge en weldoeners vergeet vir die rol en aandeel wat hul gespeel het om die grootste sukses verhaal in die geskiedenis van die Laeveld Interlaer te gemaak het nie. Dankie vir die bellegging in ons jeug, dit was ‘n onvergeetlike dag wat die Laeveld- gemeenskap nog lank sal onthou.”

Platinumborge soos Extreme Signs het bo en behalwe die kontantwaarde, die hekkies se plakkers, afstandbordjies, podiumraam en gewigstootvlaggies gratis voorsien.

Nelspruit Ford, wat die afgelope vier jaar die Ford Nellie Leeus Rugbyspan se titelborg is, was ook van die platinumborge. Oasis water het die skole se sangers, atlete, beamptes en personeel met gratis yskouewater bederf.

Mopani Apteek het 200 geskenkpakkies met produkte soos sonbrandroom, ‘n waterbottel, lekkers en

heelwat ander produkte aan elke beampte gegee.

Makro Nelspruit het pette aan Nellies se leerders verskaf.

Nel Trophies het die pragtigste versamelstukmedaljes en toptoekenning-trofeë geborg.

LG Mpumalanga het ‘n grootskerm op die veld gehad waar toeskouers die verloop van die dag kon dopgehou het. LG het ook ‘n selfoon terwaarde van R13 000 as prys beskikbaar gestel vir ‘n gelukkige ouer tydens die atletiek.

“Dankie ook aan Nicolene Koorts en Michelle Kritzinger by DPA Printing vir die pragtige Hi-Tech interlaerprogramme. Ek dink nie daar was al ooit ‘n meer professionele interlaerprogram in die Laeveld se laerskole atletiek se geskiedenis nie. DPA het ‘n 1 200 volkleurprogramme van 16 bladsye geborg.

Groot waardering vir die rol wat Best Drive gespeel het met vervoer van toerusting.”

Hoërskool Nelspruit, deel van die diamantborge, het hulle sportgronde vir die interlaer beskikbaar gestel. New Era Funerals het die kosstalletjies se tente gratis voorsien en opgeslaan.

Coca-Cola het 160-kaste blikkies én tente geborg. “Dankie aan ons plaaslike media, Laevelder vir julle bydra met die bemarking en publisiteit van die interlaer. Dankie vir die mediadekking en ook vir julle topjoernaliste se verslaggewing en pragtige foto’s.”

Die silwerborge, LVM Makelaars het drie gholfkarretjies gegee om gaste en beamptes van een punt na die ander te vervoer. Chippo’s het die werkers met kos en koeldrank voorsien. Polla Nel het sy vragmotor geleen om met die vervoer van die eetgerei, stoele, tafels en atletiektoerusting te help.

“Laastens, maar nie die minste nie, dankie aan ons ouers, personeel, beheerliggaam én leerlinge vir die entoesiastiese wyse waarop almal van dag een af wat organisering aanbetref ingespring het en absoluut 200% gegee het in harde, eerbare en deeglike werk.”

Borge
• Titelborg: Hi-Tech Sekuriteit Nelspruit
• Platinumborge: Extreme Signs, Ford Nelspruit, LG Mpumalanga, Makro, DPA Printing, Best Drive, Mopani Apteek, Nel Trophies, Oasis Water, BestDrive en Laevelder
• Diamantborge: Hoërskool Nelspruit, Coca-Cola en New ERA Funerals
• Silwerborge: LVM Makelaars, Chippo’s en Polla Nel Makelaars.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button