Atlete toets vermoë tot die uiterste
K-Fit is 'n funksionele fasiliteit waar kettlebells as die kern gebruik word as eksterne lading op die liggaam.
Talle atlete het onlangs hulle stamina gewys tydens ‘n sogenaamde Friday Night under the Brick Lights-byeenkoms by die K-Fit-sentrum in Riverside Industrial. Hierdie was een van 10 byeenkomste wat jaarliks hier gehou word, waarna die span met die hoogste punte as die wenner aangewys word.
K-Fit, oftewel Kettlebell Fitness het op 1 Maart 2012 hier in die stad begin. Wat as ‘n eenmansaak begin het, is vandag ‘n maatskappy met sewe susterverenigings in Suid-Afrika.
K-Fit is ‘n funksionele fasiliteit waar kettlebells as die kern gebruik word as eksterne lading op die liggaam. Dit is ‘n sisteem wat sy oorsprong van Rusland het waar dit in die spesmagte se opleiding gebruik is, en later tot ‘n sport ontwikkel is… Dit fokus onder andere op stamina, uithouvermoë, spoed, koördinasie, fokus en krag.
Friday Night under the Brick Light’s is begin om die sportsoort in Suid-Afrika te bevorder. Om beseringvry aan ‘n sport deel te neem is een van die belangrikste aspekte daarvan, en daarom bevorder K-Fit juis dít deur middel van assimetries en simmetriese oefeninge. “Maar, K-Fit kry nie al die eer nie. Sonder die seën van ons Hemelse Vader is ons verlore,” sê Freek Carelse, eienaar van K-Fit Nelspruit.
Die uitslae was soos volg:
1. Team Break Me Not: 1 088
2. All Eyes On Us: 1 051
3. Crazy Monkeys: 1 038
4. Span-A: 903
5. Lazy Age: 879
6. Team Black: 790
7. After Five: 740
8. Team Junior: 709
9. Work in Progress: 687
10. Kaas & Wyn: 595
11. Team Puma: 591.





