Gholfvroue wys hul slag op die baan
Vrouegholfspelers van sover as Stellenbosch, Oudtshoorn, Ermelo, Lydenburg, Swaziland en Mosambiek het Saterdag die Kambaku-gholfbaan in Komatipoort vir die gewilde Kambaku Dames-ope besoek.
‘n Baie sterk wind het die 45 deelneemers behoorlik opdraande gegee, maar ten spyte daarvan, is daar uitstekende gholf gespeel. Kambaku Gholfklub se vroue het die voortou geneem en beide die eerste en tweede plekke behaal.
Roenel Basson, klubkaptein vir bykans agt jaar, het ook by die geleentheid die tuig neergelê en die aan Lizette Barnard oorhandig.
Die nuwe kaptein het haar voorganger bedank vir alles wat sy vir vrouegholf by Kambaku en in die Laeveld gedoen het.
Die borge, Wenkem en Lebombo Plastics is vir hul groot bydrae om die byeenkoms moontlik te maak, bedank.
Die klubvroue was vir die toebroodjies na die eerste nege putjies verantwoordelik en Stoep Cafe het gesorg vir ‘n heerlike spyskaart.
Jaque Nel en Nardus Broodryk is vir al hulle reëlings bedank asook Antoni Britz wat gesorg het dat die setperke in so ‘n goeie toestand was.
Uitslae:
Naaste aan die penne:
Putjie 5 – Ingrid Meter
Putjie 8/16 – Margi Wood
Putjie 18 – Carol Fox
Langste dryf: Molly Kern
Eerste plek: Rose Powell en Shani Swanepoel (Kambaku) met 46 punte.
Tweede: Janette Maritz en Marina Maritz (Kambaku) met 44.
Derde: Margie Wood en Patrys Cicoine met 44.
Vierde: Roenel Basson en Megan du Plessis met 40.
Vyfde: Jean-Mari Wilken en Jeanette Kienhuiz (Kambaku) met 40.
Sesde: Denise Weste en Louise Minnaar met 39.
Sewende: Nicky van Veyeren en Martinette van Dyk (Kambaku) met 38.
Agste: Ronelle Putter (Kambaku) en Boitumela Maseko (Malelane) met 38.
Negende: Wilma Griesel en Bets Jacobs met 37.
Tiende: Anita King en Candice Delport (Kambaku) met 37 punte.

