Local sportSport

Drie nuwes vir Pumas

'n Voormalige leerder van Hoërskool Nelspruit, Rassie van Vuuren wat in 20 wedstryde vir die Steval Pumas tussen 2007 en 2008 gespeel het, keer 1 Julie weer terug na die Laeveld toe.

Van Vuuren het ook vir die Valke en die Blou Bulle gespeel waar hy daarna sy tasse gepak het en sy naam as haker in Frankryk gemaak het. Hy speel tans vir die Atlantique Stade Rochelais in die French top-14-reeks en die span is ook deel van die Heinekenbeker.

Van Vuuren sal na na nege jaar weer vir die pienktruie speel.

Die vleuel, JP Lewis, wat goud werd vir die Westelike Provinsie teen die Pumas in die sewende kwalifiserende ronde van die Curriebeker was, sluit homself ook aan die begin van Julie by die Laevelders aan.

Lees ook: Wendrie in doodsnikke gedruk

Dié 24-jarige, is ‘n voormalige leerder van Paul Roos en het ook vir die Suid-Afrikaanse skolespan gespeel.

jp-lewis (Medium)
JP Lewis.

Hoër Jongenskool Paarl se Devon Williams het sy Superrugby-debuut vir die Stormers in 2014 teen die Cheetahs gemaak en in drie wedstryde in die streeptrui gespeel. Hy sal ook eersdaags Mbombela sy nuwe tuiste maak.

Dié spelers se kontrakte verstryk aan die einde van die 2018-rugbyseisoen.

Devon Williams.
Devon Williams.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button