Local sportSport

Gholfspelers slaan af ten bate van die kerk

Gholf-geesdriftiges het verlede Donderdag Jeugdag op die Malelane Gholfbaan gevier ten bate van NG Malelane.

Ten spyte van winderige weer, het spelers goed gevaar tydens die kerk se jaarlikse gholfdag en die Laeveldson het vinnig die koue verdryf. Daar is lekker gekuier by van die putjies se watergate en die spelers het honger teruggekeer klubhuis toe.

Onder die meer as 30 spelers was daar ‘n vierbal spesiaal uitgesonder. Dave Elphick, Charles van Veijren, Angelo Veneziano en Chris Guntir is almal bo 80 en het gewys dat hulle steeds ‘n slag op die gholfbaan het.

Dié vier bly almal al dekades lank in Malalane: Elphick is hier gebore en bly al 83 jaar hier, Van Veijren bly sedert 1949 hier, Guntir sedert 1959 en Veneziano sedert 1972.

Ds Uli Trümpelmann, die kerk se leraar, het al die borge, organiseerder en sy helpers en gholfspelers bedank vir hul bydrae om die geleentheid so suksesvol te maak.

Daar is ‘n paar items soos rooibokke opgeveil en die groep het entoesiasties gebie voordat daar prysuitdeling gehou is. Hierna het almal saam aan vleispasteie, slaai en poeding gesmul voordat hulle huistoe is.

Uitslae:

Langste dryfhou: Ricky Coetzee en Leon du Plessis ( 65+)

Naaste aan pen:

Putjie 2/11: Brandon de Beer

Putjie 8/17: Dave Rothwell

Putjie 9/18: Jan van Tonder

Beste gesamentlike punte: Neels van Antwerpen, Kevin Brits, Georg Muller en Roelf Fritz met 92 punte.

Eerste: Mike Christmas en Ricky Coetzee met 50 punte

Tweede: George Muller en Neels van Antwerpen met 49 punte

Derde: Vincent Hoffman en Sibiso Mashaba met 48 punte

Vierde: Willem Bekker en Hennie Snyman met 47 punte

Vyfde: Theunis de la Rey en Nick Visser met 46 punte

Sesde: Francois Boshoff en Hein Coetzee met 46 punte

Sewende Shireen Jones en Gavin Jones met 46 punte.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button