Kleingoed se pa’s samel R25 000 in vir skool
Die pa's van die kleingoed het besluit om dieselfde soos Fathers' Ground, 'n soorgelyke organisasie wat projekte vir Laerskool Witrivier insamel, te doen.
Na vorige jare se suksesvolle gholfdae het die Junior Dads weer onlangs hul jaarlikse uitdaging gehou om fondse vir nuwe toerusting vir Witrivier Kleuterskool in te samel.
Die pa’s van die kleingoed het besluit om dieselfde soos Fathers’ Ground, ‘n soorgelyke organisasie wat projekte vir Laerskool Witrivier insamel, te doen.
Junior Dads hou ook insamelings deur by skoolfunksies verversings te verkoop.
Die funksie is reeds gehou en die gholfdag, georganiseer deur Shaun Terblanche, is ook nou agter die rug. ‘n Volle R25 000 is by dié twee geleenthede bymekaargemaak.
Die Junior Dads bedank al die gholfborge, onder andere J&M Security, Nevills, First In Guards, Big Bear Spur, P&L Energie, Fathers’ Ground, Thirsty Bartender, NTT Toyota Witrivier, Square IT, Momentum Lowveld, ECouches, RCL Foods, Van Wettens, Doman Weitzs Prokureurs, About IT, Oilco, Maresman en CoolCo Refrigaration.

