Local sportSport

Gholfspelers samel R65 000 in vir Rustig Outehuis

Rustig Ouetehuis hou een keer per jaar 'n golfdag om 'n groot projek by die ouetehuis aan te pak.

Sowat 80 deelnemers aan ‘n gholfdag ten bate van die Rustig Ouetehuis in Witrivier, het bygedra tot ‘n suksesvolle dag.

Die obrengs van R65 000 gaan aangewend word om die ou sitkamerstel oor te trek, nuwe eetgerei aan te koop, duvets by die versorgingseenheid te vervang en plaveisel op die terrein aan te bring.

Rustig Ouetehuis hou een keer per jaar ‘n golfdag om ‘n groot projek by die ouetehuis aan te pak.

Charl Pienaar van P&E Energie is elke jaar ‘n borg en word spesiaal bedank deur die ouetehuis se Liza Reniers. Met so ‘n gholfdag is daar baie reëlings wat moet plaasvind en groot dank word aan die vrywilliges wat gehelp het met die pannekoek bak en wors braai, betoon. Aan al die ander borge wat deel was van die dag sê Reniers namens Rustig Ouetehuis ook baie dankie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button