Local sportSport

Impalas veg terug en wen ‘n tuis-halfeindstryd

Die plaaslike rugbyliga staan einde se kant toe, met die Impalas wat oor twee weke in 'n halfeindstryd op hul tuisveld gaan speel.

Met die Impalas se sege teen Nelspruit op Komatipoort op 18 Junie, is die afgelope twee verloorwedstryde vergete.

Die Impalas het met ‘n slagting van 61-17 ‘n halfeindronde-wedstryd op 16 Julie op hul tuisveld verseker.

Die span het bewys dat hulle toprugby kan speel en gaan oor die volgende paar weke hul spel afrond en voorberei vir dié belangrike wedstryd. ‘n Paar van die spelers op die krukkelys sal hopelik teen daardie tyd kan deelneem.

Nelspruit het goed weggespring en hul linkervleuel het binne die eerste vyf minute ‘n drie aangeteken wat ongelukkig nie verdoel is nie.

Chris Botha gee die bal uit.
Chris Botha gee die bal uit.

Kort daarna het Frikkie Odendaal ‘n drie vir die tuisspan aangeteken. Barry Botha het vir die volgende twee drieë gesorg, wat albei nie verdoel is nie. Schalk Koedyk het ook agter die doellyn gaan kuier en Ruan Minnaar het sy span net voor rustyd nog vyf punte besorg. Brennon Jordaan het die drie verdoel.

Met ‘n geslaagde strafskop het die Impalas die telbord op 32-5 laat staan tydens rustyd.

Vroeg in die tweede helfte het Tiaan Fourie gaan druk en Nelspruit het teruggeveg met twee drieë, waarvan een verdoel is.

Die Impalas se Tiaan Nel en Marcian Minaar het elk ‘n drie gaan druk met slegs een wat verdoel is.

Ruan Minnaar het nog twee keer agter die doellyn gaan draai en, om die kroon te span, net voor die eindfluitjie geblaas het, self een daarvan verdoel.

Deville Kruger met die bal.
Deville Kruger met die bal.

Koos Roos en Schalk Koedyk is as die beste spelers van die wedstryd aangewys.

Die span is dankbaar vir die gemeenskap se goeie ondersteuning die afgelope twee seisoene en glo dat dit wat hulle bereik het, nie daarsonder moontlik sou wees nie.

Almal word weereens uitgenooi na die halfeindstryd op 16 Julie.

Spelers en ondersteuners van die Malelane Rugbyklub sal eers teen oor die volgende paar dae weet of die span in die halfeindronde gaan speel en die Impalas sal dan hoor teen wie hulle te staan gaan kom.

Lees meer oor plaaslike spanne se wedstryde hierdie seisoen:

Zulu’s match-winning try a nasty surprise for White River

Impalas score vital victory over Malelane

Impalas laat hulle deur niks stuit nie

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button