Local sportSport

Senior gholfspelers geniet Sages-toernooi

Spelers van 50 jaar en ouer kry die geleentheid om op bane regoor die land te speel.

Barberton Gholfklub het onlangs weer gasheer gespeel vir die jaarlikse instelling van die Laeveld Sages Senior gholftoernooi. Hierdie senior gholftoernooi, wat oop is vir alle gholfspelers van 50 jaar en ouer, het takke regoor Suid-Afrika en gee spelers die geleentheid om te speel op verskillende bane regoor die land.
Sages het ontstaan in 1974 na vele senior gholfspelers begin belangstel het in ‘n golf organisasie wat in hul behoeftes kan voorsien en aan die vereistes van die meer volwasse speler kon voldoen. Rand Central (nou bekend as Jimmy Gowans), was die eerste tak wat onder die voorsitterskap van stigterslid Jimmy Gowans gestig is en baie ander Sages-takke het kort op Rand Central se hakke gevolg. Die eerste Sages nasionale kampioen is vier jaar later, in 1978 gekroon en teen 2012 het die organisasie gespog met ongeveer 3 000 lede en 29 takke landwyd.
Die afgelope week het sowat 43 Sages lede vanoor die hele Laeveld die dag meegemaak.

Die wenners was:
1ste – Eben van Zyl
2de – Dave Elphick
3de – Charles van Veyeren
Langste dryf oor 70 – Dirk van Rooyen
Langste dryf onder 70 – Marcel Burger
Naaste aan penne – Kobus Smuts en Peter Malan.

Sydney Chadwick van die Barberton Sages het sy dank uitgespreek teenoor al die instansies wat pryse geborg het. Hulle was Pick n Pay by die Jock of the Bushveld-sentrum, Tjop-Tjop Slaghuis, Elands Kafee, Barberton Mica, Vic Elms, Willie Chiloane en Joseph Nkosi van Barberton Sages.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button