Local sportSport

Die Pumas het hulle eie gat gegrawe

Sake het Donderdagaand in Kimberley teen die Griekwas maar net nie soos beplan vir die Steval Pumas verloop nie.

Woer-woer aangeë, hoë- en skoppe uit die hand uit, geelkaarte en lynstane wat verlore gegaan het, het daartoe gelei dat die Pienktruie 37-14 die knie teen die Kwaste moes buig.

Twee troosdrieë is deur Carel Greeff in die 69ste minuut gedruk madat hy homself uit die verdediging gewoel het en later het die heelagter, Heinrich Steyl ook oorgeduik na ‘n breekslag van Jacques Kotze.

 

Lees ook: Griekwas, Pumas se grootste kopseer

Die twee oud-Griekwas, Greeff en Marnus Schoeman het groot impak vanaf die plaasvervangersbank gemaak en moes eintlik van die begin af gespeel het.

Justin van Staden kon in die derde minuut die Pumas se rekening met ‘n strafskop geopen het, maar het die bal net regs verby geskop.

Christiaan Meyer van die tuisspan het kort daarna die eerste punte op die telbord aangeteken met Clinton Swart wat nie die drie verdoel het nie. Heelagter en kaptein, AJ Venter het in die 24ste minuut sy eerste van twee drieë gedruk met Swart wat die spel lewendig gehou het.

Met net 14-man op die veld na ‘n boorvat deur Meyer, kon die Pumas steeds geen drieë aanteken nie.

Na ‘n wye aangeë deur Van Staden aan Deon Helberg, het die Poubloues se Ntabeni Nkisa die spel skitterend gelees met ‘n onderskepdrie. Die vyfpunter is nie verdoel nie nadat Nkisa die bal uit pure opgewondheid weggeskop het. Die skeidsregter, Rasta Rasivhenga het die driedrukker aangeraai om self sy bal in die donkerte te gaan soek.

Kort voor rustyd, is die Pumas se Khwezi Mona met sy tweede geelkaart van die seisoen strafkas toe gestuur. Kotze moes noodgedwonge in die plek van die flank, Brian Shabangu opdraf. Nardus van der Walt is later ook koelkas toe gestuur na ‘n hoë duikslag om die nek.

Lees ook: ‘n Derde van Puma-span maak hul buigings

Die Griekwas kan met selfvertroue uitsien na die Curriebeker-premierliga met net die Luiperds op hulle kerfstok oor twee weke. Hulle het nou reeds 11 van hulle 13 kragmetings gewen.

Die span van Potchefstroom kom Vrydagaand teen die Pumas op Mbombela te staan en die Pumas speel in hulle laaste kwalifiserende wedstryd teen die Down Touch Griffons in Welkom.

Foto’s: Emile Hendricks/Volksblad
Puntemakers
Griekwas: Drieë: AJ Coertzen (2), Christiaan Meyer, Ntabeni Dukisa, Mzwanele Zito. Doelskoppe: Clinton Swart (3). Strafdoele: Swart (2).
Pumas: Drieë: Heinrich Steyl, Carel Greeff. Doelskoppe: Justin van Staden (2).

So het die res van die spanne gevaar
• Luiperds 54 vs. OP Kings 14
• SWD Arende 16 vs. Toyota Vrystaat Cheetahas XV 24
• Hino Valke 14 vs. Xerox Goue Leeus 75
• Down Touch Griffons 27 vs. Cell C Sharks XV 36
• Boland Kavaliers 14 vs. DHL Westelike Provinsie 25
• Grens 26 vs. Vodacom Blou Bulle XV 45.

So lyk die punteleer na 13 rondes
• Griekwas – 56
• Westelike Provinsie – 51
• Boland Kavaliers – 45
• Goue Leeus – 41
• Pumas – 41
• Vrystaat – 39
• Blou Bulle – 33
• Griffons – 31
• Luiperds 30.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button