Local sportSport

Robbies deur na eindstryd

Die span is vyfde op die nuutste SA Skole-ranglys.

Hoërskool Rob Ferreira se o/14A-rugbyspan speel eersdaags in die Mpumalanga-eindstryd vir groot skole nadat hulle onlangs in die halfeindstryd met Hoërskool Ermelo met 66-0 afgereken het. Die manne kom 23 Julie teen Hoërskool Piet Retief in Ermelo te staan. Die rugbyspan lê vyfde op die nuutste SA Skole-ranglys. Tydens vroeër vanjaar se kragmeting teen Generaal Hertzog van Witbank, was die wedstryd 15 minute voor die tyd gestaak toe die telling 80-0 in die skool van Witrivier se guns was. Hulle het ook die seisoen met spanne van Hoërskool Barberton, Curro Nelspruit, Uplands College, hoërskole Merensky, Frans du Toit, Secunda, Lydenburg en Bergvlam afgereken. In die kwarteindstryd het hulle teen Volkrust te staan gekom waar hulle die span met 57-0 afgestof het. Bobby Madonsela (27) en Vusi Ndlovu (22) is hulle span se voorste drieëdrukkers. Madonsela het ook die seisoen met 22 skoppe deur die pale geslaag, Ruben Botha met 13 en Sakhile Ndluli met 19 wat een strafskop insluit. Robbies het na 12 wedstryde 736 punte aangeteken en net 30 punte teen hulle. “Met die afloop van die wedstryde het die seuns uit hulle foute geleer. Wat my as afrigter vreugde gee, is dat die span besef waaroor rugby werlik gaan. “Hulle besef dat nie oor selfverheerliking gaan nie, maar oor om vir sy spanmaat te speel en God se naam te prys vir elke aksie wat hy tot die beste van sy vermoë uitvoer. “Hierdie seuns speel nie om perfek te wees nie, maar eerder om tot hulle volle potensialle te speel. “Dinge gaan oor soveel meer as wen en as jy vir iets iets groter speel as jouself dan kom wen vanself. “Trotser kan enige afrigter nie wees nie. Ons mikpunt is om dir Beeld-trofee te wen. Ons soek ons name in Rob se argiewe geskryf,” het die afrigter, Albert Booyens gesê.

So het hulle die seisoen gespeel:
• Rob 65 vs. Barberton 0 (die wedstryd is na 35 minute gestaak)
• Rob 55 vs. Curro 0 (wedstryd na 25 minute gestop)
• Rob 60 vs. Uplands 0 (wedstryd na 17 minute gestaak)
• Rob 61 vs. Merensky 0
• Rob 83 vs. Frans du Toit 0 (wedstryd net 40 minute geduur)
• Rob 14 vs. Secunda 7
• Rob 52 vs. Lydenburg 3
• Rob 100 vs. Bergvlam 0
• Rob 80 vs. Generaal Hertzog 0
• Rob 41 vs. HTS Witbank 15
• Rob 57 vs. Volkrust 0
• Rob 66 vs. Ermelo 0.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button