Local sportSport

Jong hokkiespeler speel pad oop na Europa

Die kaptein van die Gautengse hokkiespan en Proteaspeler, Bernadette Colsen, sal die kliniek aanbied.

Nelspruit Primary se Zama Makhuba is die enigste plaaslike speler wat na afloop van die Hoërskool Rob Ferreira-hokkieweek gekies is om volgende jaar April na onderskeidelik Holland, België en Frankryk te toer.
Die hokkie-afrigter van Rob, Willem Meyer het die kliniek waargeneem. Die o/10- tot o/13 dogters- en seunsspelers van laerskole Nelspruit, Laeveld, Witrivier, JJ van der Merwe, Numbi, Kanonkop en Nelspruit Primary was van die Maandag tot die Sondag in aksie.
Tydens die oggendsessies is daar op afrigting gefokus waartydens ‘n span bekwame afrigters die spelers bygestaan het om die tegnieke van die spel te bemeester.
In die middae het die spanne die geleentheid gekry om dit wat hulle geleer het tydens wedstryde te beoefen.
“Die week was besonder goed gereël en die spelers het uitstekende afrigting ontvang. Dit het hulle spel beslis voor die seisoen wat eersdaags aanbreek, opgeskerp,” vertel Pieter van Tonder van Rob.
Robbies beplan ook ‘n hokkiekliniek in Augustus. Hierdie kliniek sal deur die kaptein van die Gautengse-hokkiespan en Proteaspeler, Bernadette Colsen aangebied word. Na afloop van hiervan sal daar nog spanne, ‘n o/13- en o/14 seuns- en dogtersspan gekies word vir die beoogde toer in 2017.
Navrae: Willem Meyer by 082-746-5775.

Fathe Fulton
Nelspruit Primary se Fathe Fulton.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button