‘n Hele paar eerste vir Pumas se stryd teen Griffons
JP Lewis wat aan die begin van die maand by die Steval Pumas aangesluit het, begin môre op vleuel vir die laaste Curriebeker-kwalifiserende wedstryd teen die Griffons op HT Pelatona Projects Stadion in Welkom.
Justin van Staden sal vir die eerste keer hierdie seisoen die nommer 15-trui dra. Devon Williams, wat verlede week op heelagter sy debuut vir die Pumas teen die Luiperds gemaak het, het las van ‘n voorarmbesering.
Lees ook: Pumas score winning try in dying seconds
Nóg ‘n eerste vir die Pumas, is die agtsteman Carel Greeff wat in die plek van Brian Shabangu op ses-flank uitdraf. De-Jay Terblanché (verwydering van ‘n kraakbeen in die knie), Rassie van Vuuren (rugbesering), Nardus van der Walt (knie) en Marcello Sampson (harsingskudding) is nie beskikbaar vir die week se wedstryd nie.
“Beserings so laat in die seisoen, is nooit ‘n lekker ding nie. Die wedstryd dié naweek teen die Griffons gaan nie maklik wees nie. Hulle is die span wat die tweede meeste drieë hierdie seisoen gedruk het. Ons gaan onsself teen ons eie standaarde meet, maar ‘n wen is natuurlik vir ons baie belangrik,” sê die Puma-breier, MJ Mentz.
Griekwas wat die boonste plek op die punteleer beklee, kom teen die Luiperds in Potchefstroom te staan, terwyl die ander span wat vir die Premierliga gekwalifiseer het, die Boland Kavaliers, die Goue Leeus in Wellington pak.
Lees ook: Pumas kies nuwe senterpaar vir Griekwas-stryd
Dit is reeds ‘n uitgemaakte saak dat die Pumas tot die Premierliga deurgedring het en hulle kom tien teen een oor twee weke teen die Haaie op Mbombela Stadion te staan.
Pumas
15. Justin van Staden
14. Tyler Fisher
13. Deon Helberg
12. Leighton van Wyk
11. JP Lewis
10. Marlou van Niekerk
9. Emile Temperman
8. Dylon Peterson
7. Lambert Groenewald
6. Carel Greeff
5. Hugo Kloppers
4. Wiehan Hay
3. Jacques Kotze
2. Francois du Toit
1. Khwezi Mona
Plaasvervangers: Frank Herne, Sabelo Nhlapo, Brian Shabangu, Reynier van Rooyen, Hennie Skorbinski en Damian van Rensburg.
