Jooste is SA se beste sprog
Vanjaar het die groentjie Jooste Coetzee nie net sy nasionale kleure in bergfiets verwerf nie, maar is ook die land se beste sprog-fietsryer.
Laerskool Malelane se Coetzee het dié titel by die UCI Suid-Afrikaanse XCO se nasionale bergfietsren-kampioenskappe wat die afgelope naweek in Pieterburg, KwaZulu Natal plaasgevind het, verower.
Die 12-jarige het eerste op die punteleer na afloop van die SA UCI XCO bekerreeks wat in Bloemfontein belis is, geëindig.
Lees ook: Lowveld mountain bikers claim national titles
Die nasionale kampioen-skappe is by die Cascades Bergfietspark gehou. Dit is bekend vir sy tegniese roete, klipperige terreine en styl opdraandes.
“My harde werk wat ek voor die tyd ingesit het, was alles die moeite werd. Baie dankie aan my Hemelse Vader vir my talent en ook my pa, Jan, wat sy naweke opoffer. Dankie ook aan Dirk Lourens Cycles vir jou ondersteuning en veral vir my skool,” sê Coetzee.
Hy het eerste oor die eindstreep in 38:45 gejaag met een van sy grootste teëstanders, Alec Coleske van die Wes-Kaap in die tweede plek met 40:31. Nicholas de Bruin van Gauteng was derde in 40:35.
Lees ook: Spectacular MTB series ends with a bang
Skaars twee jaar terug, het die spoedvraat aan sy eerste bergfietswedren deelgeneem.
Nóú is sy naam na elke wedren in die eerste posisie in die sprog-kategorie vasgepen.
Nog twee plaaslike ryers, Zandri Strydom (jeug) en Franco Pelser (o/23) was tweede in hulle kategorieë.
