Local sportSport

Super-leenspelers eersdaags terug vir Pumas

Superrugby-leenspelers Vincent Koch (Stormers), Renaldo Bothma en Francois Brummer (albei Blou Bulle) meld eersdaags by die Steval Pumas vir die Curriebeker-premierliga aan.

Dit nadat dit reeds ‘n uitgemaakte saak was dat die Pumas hulle plek in dié liga bespreek het na ‘n sege teenoor die Sharks XV in die 10de ronde. Die Durbaniete is juis eerste op die Pumas se spyskaart wanneer hulle volgende Vrydag op Mbombela Stadion gaan kragte meet.

DSC_0083 (Medium)

Vleuel, JP Lewis kon nie vir ‘n beter debuut in die pienktrui gevra het nie. Die Pumas het Saterdag in Welkom die Griffons met 60-17 in die laaste Curriebeker-kwalifiserende ronde afgeransel. Lewis het twee keer in ‘n kwessie van vyf minute drieë vir die Pumas ingeryg.

Lees ook: ‘n Hele paar eerste vir Pumas se stryd teen Griffons

“JP het baie goed by die span ingeskakel en hy is dalk net daardie X-faktor wat ons in Rosko Specman gehad het,” sê die Pumabreier MJ Mentz.

Die Pumas het nege drieë in die kragmeting gedruk en 23 minute teen net 14 manne gespeel nadat die Griffons se haker, Kwezi Mkhafu met ‘n rooikaart van die veld afgestuur is. Tyler Fisher het ook twee keer onder die pale vir die Pumas gaan kuier.

DSC_0108 (Medium)

Die ses groot unies, die Westelike Provinsie, die Sharks XV, die Goue Leeus, Vrystaat Cheetahs VX, die Vodacom Blou Bulle en die OP Kings het outomaties deurgedring met die Griekwas en Boland wat ook gekwalifiseer het.

“Ek sit met ‘n tameletjie. Daar is soveel spelers wat hierdie seisoen hul hande opgesteek het, en tot nou toe het ons as span goeie momentum opgebou. Hennie (Skorbinski), Hoffmann (Maritz), Marcello (Sampson), Heinrich (Steyl) en Devon (Williams) sal almal gereed wees vir die kragmeting oor twee weke. Dit is vir my ‘n groot kopseer oor die spankeuse wat teen die Sharks gaan uitdraf, maar dit is ook lekker om in so ‘n posisie te wees,” vertel Mentz.

Die rugbyghoeroe, Brendan Venter, wat onlangs by die Pumas as ‘n klankbord betrokke geraak het, kuier weer Maandag by die Pumas ter voorbereiding vir die Premierliga.

Lees ook: Pumas maak gebruik van Brendan Venter

Griekwas, wat nog voor die naweek se wedstryde bo-aan die punteleer gelê het, moes hulle top-posisie prysgee nadat die WP met 71-7 die Namibiese Welwetschias gelooi het.

DSC_0112 (Medium)

Puntestand
1. WP – 61
2. Griekwas – 56
3. Boland – 54
4. Pumas – 51
5. Leeus XV – 47
6. Vrystaat – 44
7. Bulle – 38
8. Luiperds – 37
9. Griffons – 36
10. Haaie XV – 33.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button