Local sportSport

Nelspruit Rugbyklub hou vyfde gholfdag

Die vierbal van Du Toit Smuts & Mathews Phosa se Josef Schabort, Bertie de Clerck, Jurie Grobler en Heinrich Coomans het die derde jaarlikse Nelspruit Rugbyklub-gholfdag met 110 punte gewen en met 'n peperduur biltongkerwer weggestap.

NTT Toyota Witrivier was kort op hulle hakke in die tweede plek, en Nulandis derde.

Die adjunkpresident van die Mpumalanga Rugby-unie, Arrie Myburgh het die bal die verste op die negende putjie gedryf.

Nelspruit kom Saterdag teen Witrivier Rugbyklub in die eerste Premierklub-uitklopliga op eersgenoemde se gronde te staan.

Die spanne het reeds twee keer vanjaar koppe gestamp. Witrivier het die eerste kragmeting met 24-16 gewen en Nelspruit die tweede met 24-21.

Die wedstryd skop om 15:30 af.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button