Local sportSport

Barberton se o/16’s is beste in die provinsie!

Daar het goeie gees tydens 'n strawwe stryd onder die seuns geheers.

Hoërskool Barberton het hulleself Saterdag onderskei toe die o/16-rugbyspan as Mpumalanga-kampioene gekroon is. Hulle het teen Curro Nelspruit in die mediumskole-eindstryd gespeel wat by Penryn aangebied is. Hulle het met 30-21 Curro die loef afgesteek.

Dit was ‘n strawwe wedstryd, maar daar het ‘n goeie gees tussen die seuns geheers. Barberton se afrigter, Ulrich Prins, was na afloop van die kragmeting skoon oorstelp van vreudge oor sy span se vertoning.

Hy het gesê Barberton het in die eerste helfte beter gevaar. “Ons het vroeg-vroeg punte van ‘n lynstaanbeweging aangeteken om die telling 7-0 te maak. Kort daarna het Tshepo Malumane ‘n drie gaan druk toe hy ‘n bal wat vir hom geskop is, opgetel het.”

Barberton se Sandile Mkhabela is as die speler van die wedstryd aangewys. “Dit was alles wat ‘n finaal veronderstel was om te wees,” het Prins bygevoeg. “Daar was goeie intensiteit en harde lakke.”

Die span speel op Saterdag 13 Augustus in die Beeld-trofee se kwarteindronde. Barberton en Curro se o/14-spanne het mekaar ook in ‘n finaal gepak. Curro het gewen. Volgens Prins speel Barberton se o/14’s hierdie Saterdag in die Beeld-kwalifiserende wedstryd.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button