Local sportSport

Al wat kaptein van kleins af wou doen, is rugby speel

Al wat Hugo Kloppers (28) as klein seuntjie wou doen, is rugby speel.

Die hemelbesem is Dinsdag as Steval Pumas se kaptein vir die Curriebeker-premierliga aangekondig. Hy het vanjaar sy debuut in die pienktrui teen die Hino Valke op Mbombela Stadion gemaak.

Lees ook: Nuwe Pumas teen Zimbabwe

Op skool by Worcester Gimnasium het hy die eerste rugbyspan aangevoer en hy is in 2006 as kaptein van Boland se o/18 Coca-Cola Cravenweek-span aangewys.

“Daarna is ek na die Westelike Provinsie se rugby-instituut genooi waar ek tussen 2007 en 2009 vir die Vodacom o/19- en o/21-span gespeel het.

Destyds het ek nie geweet of ek ‘n loopbaan uit rugby wou maak nie, maar is tot vandag toe nog nie spyt oor my keuse nie.”

Die 1,97m-slot was in 2009 deel van Maties se Varsitybekerspan wat daardie jaar die beker omhoog gehou het. In 2012 is hy ook vir die Suid-Afrikaanse studentespan wat teen die OP Kings en Namibië koppe gestamp het, gekies.

Hy het sy graad in Bcom bestuurs-wetenskap aan die Universiteit van Stellenbosch voltooi waar hy ook sy vrou, Manja, ontmoet het. Die twee verwag hulle eersteling, ‘n dogtertjie in Desember. “Ek het haar in my koshuis ontmoet. Ek het nie eers daardie dag eintlik met haar gepraat nie. Ons is nou al twee-en-‘n-half jaar getroud.”

Hugo Kloppers en sy vrou, Manja.
Hugo Kloppers en sy vrou, Manja.

Tussen 2013 en 2014 het hy vir die Leeus Vodacombeker en Curriebeker-premierliga gespeel. ‘n Jaar later het ‘n vir die Griekwas se Absa-premierliga asook vir die Vodacom-beker uitgedraf.

Hy was die kaptein van die Vodacombeker-span, maar dit sal sy eerste keer wees wanneer hy vanaand die Pumas teen die Cell C Sharks in ‘n premierliga op die veld lei.

“Ons het met die aanvang van die seisoen ons doelwitte op die tafel neergesit en ons het reeds een daarvan bereik – om tot die premierliga deur te dring.

“Ons volgende mikpunt is om tot die halfeindstryd van die reeks te vorder. Ons wil vanaand op die veld draf en ‘n statement maak. Dit gaan nie vir ons net om goeie rugby te speel nie. Ons wil kompeterend ook speel.”

Waar kom die letsel op jou linkeroog vandaan? “Tydens die wedstryd teen die Kings het ek en Jannie (Stander) koppe gestamp en ek moes ‘n paar steke kry. Ek is gebore met my linkeroog wat heeltemal toe was. Eers drie jaar later het ek ‘n operasie ondergaan waar hulle ‘n ligamentjie gesny het, maar die ooglid is steeds bietjie lui, maar ek het 100-persent visie.”

Kloppers het nog nie ‘n bynaam by die Pumas nie, maar dit mag dalk iets soos Tarzan of gentle giant wees…

Die kragmeting skop om 19:20 af.

Hier is vanaand se span wat teen die Sharks uitdraf: Bulle se Brummer maak sy debuut vir die Pumas

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button