Local sportSport

Hulle kan veel meer doen as huise verkoop

Die vierbal van Chas Everitt, Johan van Staden, Jaco le Roux, Dries Marx en Riaan Kasselman het dié eiendomsagentskap se eerste gholfdag Vrydag op Nelspruit Gholfbaan met 105 punte gewen.

Dit is in ‘n vierbal-alliansie, scramble drive-formaat gespeel.

Die vrouespan van Likweti, Louise Outshoorn, Gale Smith, Louise Minnaar en Mary-Ann Braithwaite, was in die tweede plek met 100 punte.

“Die dag was ‘n reuse sukses. Ons beoog om dit ‘n jaarlikse instelling te maak. Chas Everitt wil graag die borge en vennote wat ingeklim het om die dag aan te bied, bedank,” sê Lizl Pretorius van Chas Everitt.

Greg Loock, Leon Steinbrucker, Basie Geldenhuys en Nikki Gear van SizaBantu was derde met 99 punte. ‘n Tjek van R25 000 is na afloop van die aksie aan die nie-winsgewende organisasie, Care Buddies, oorhandig. “Die Buddies is in hulle negende bestaansjaar waar hulle die bejaardes van ouetehuise in die omgewing gaan besoek. Die dag is met ‘n gesellige kuier afgesluit,” sê Pretorius.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button