Ringbalsterre bring goud huis toe van Pretoria af
Die Laeveld Dames A-ringbalspan het 'n goue medalje by die nasionale kampioenskappe wat in Pretoria plaasgevind het, verower.
Die span het nege wedstryde oor ses dae gespeel waarvan hulle sewe gewen het. Die wenners is na afloop van die kampioenskappe bepaal na aanleiding van die aantal punte wat hulle aangeteken het.
Ekurhuleni-Oos, Mpumalanga Noordelike-distrik, KwaZulu-Natal, Ekurhuleni-Noord, Westelike Provinsie en Gert Sibande was die spanne waarmee die Laevelders afgereken het.
Net die Vrystaat en Sedibeng kon hulle wedstryde teen Laeveld wen.
Werner Barnard en WG Engelbrecht, ook van die Laeveld, het onlangs hulle Suid-Afrikaanse kleure in die sport verower.
Mbombela speel volgende jaar gasheer vir die nasionale kampioenskappe. Laeveld Ringbal nooi alle belangstellendes uit om by die verskeie klubs aan te sluit. Navrae: Frieda van Rooyen by friets1@yahoo.com.
Puntestand van die week
• WP 34 vs. Laeveld 36
• Ekurhuleni-Oos 28 vs. Laeveld 38
• Mpumalanga Noordelike-distrik 22 vs. Laeveld 36
• Wesrand 26 vs. Laeveld 40
• KwaZulu-Natal 22 vs. Laeveld 38
• Ekurhuleni-Noord 44 vs. Laeveld 48
• Vrystaat 54 vs. Laeveld 42
• Gert Sibande 16 vs. Laeveld 58
• Sedibeng 48 vs. Laeveld 40.
