Local sportSport

Pumas se o/20’s leer Griekwas ‘n dure les

Die o/20-Pumas het Vrydagaand op Mbombela Stadion die Griekwas met 57-24 getroef.

Esje Esterhuizen het vroeg in die eerste helfte die eerste van die Pumas se nege drieë gedruk met Juandré Nel wat die doelskop regs van die pale geskop het.

Joe-Lythen Willemse van die besoekers het daarna met ‘n drie teruggeslaan.

Kaptein van die Pumas, Ian Truter het in die 19de minuut oor die doellyn geduik met Danick Pheiffer wat nog twee drieë voor rustyd ingeryg het om die tuisspan ‘n voorsprong van 31-5 te gee.

Griekwas het die tweede helfte op ‘n hoë noot begin met die agtsteman, Gerhard Holtzhausen wat in die 43ste minuut ‘n vyfpunter aangeteken het. Willemse het nie met die doelskop geslaag nie.

Armand Adlem (46ste) en Pheiffer (54ste minuut) het vir ‘n drieëskouspel gesorg met Truter wat ‘n vierkuns in die kragmeting behaal het met drieë in die 56ste minuut en weer in die 63ste minuut.

Die Poubloues se Daniello Huyser en André Potgieter het vir die laaste twee drieë van die kragmeting gesorg.

Die Steval Pumas het in die hoofwedstryd van die aand in die eerste ronde van die Curriebeker-premierliga teen die Cell C Sharks te staan gekom. Die Pumas het met 33-10 verloor. Hulle kom die naweek teen die Xerox Goue Leeus in Johannesburg te staan.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button