Local sportSport

Koch en De Klerk in Coetzee se 23-tal

Twee voormalige Steval Pumaspelers, Vincent Koch en Faf de Klerk is in die Bokbreier, Allister Coetzee se 23-tal vir môre se Castle Lager Rugby-kampioenskap teen Argentinië op Mbombela Stadion, ingesluit.

“Ek is tevrede met die afgelope week se voorbereiding. Ek wil die Laeveldgemeenskap vir hulle gasvryheid bedank en die ondersteuning maak dit makliker vir ons,” het Coetzee gister by die spanaankondiging gesê.

Johan Goosen wat laas in 2014 die groen-trui oor sy kop getrek het, begin vir die Springbokke op heelagter. Willie le Roux en JP Pietersen is nie in die Bokgroep ingesluit nie. Onderkaptein, Bryan Habana, die mees opgeroepte-speler, begin op linkervleuel.

Lees ook: De Klerk en Vermeulen begin Saterdag teen Ierland

“Dit is groot voorreg om by hierdie groep spelers te wees. Ek wil nie net op die veld my ervaring met die spelers deel nie, maar ook van die veld af. Ek wil die groep as beter spelers los,” het Habana gesê.

Siya Kolisi, wat onlangs onder die mes vir ‘n enkeloperasie was, word deur Oupa Mohoje op flank vervang. Julian Redelinghuys, wat reeds vier keer vir die Bokke gespeel het, begin op vaskopstut met die dat Frans Malherbe, las van ‘n nekbesering het. Lood de Jager wat nie vir die toets teen Ierland beskikbaar was nie, is ook weer terug in die beginspan met Pieter-Steph du Toit wat impak van die plaasvervangersbank af gaan maak.

“Die span wat ons gekies het, is die beste span. Johan is ‘n opwindende insluiting op heelagter. Hy bring hardloop- en skopvaardighede en ons kombinasie met die linker- en regterskopvoete is goed gebalanseerd. Ons sal môre op die veld draf om toetsrugby te speel. Dit gaan soos ‘n hondgeveg op die veld wees,” vertel Coetzee.

Alhoewel die Bokke verlede jaar die bronseindstryd teen die Poemas tydens die Rugby Wêreldbeker gewen het, het die Argentyne die Bokke vir die eerste keer sedert 1993 verlede jaar in Durban geklop.

“Ons moes veranderinge gemaak het. Argentinië het ‘n aanvallende benadering in hulle manier van spel ingebring. Hulle is nie bang om met die bal in hand te hardloop nie. Ons verdediging gaan getoets word en hulle gaan hard op die veld wees,” sê Coetzee.

Lees ook: Koch kan moontlik die naweek sy buiging vir die Bokke maak

Die wedstryd skop om 17:00 af. Kaartjiepryse wissel tussen R100 en R500 en kan by die stadion of Computicket aangekoop word.

Kaartjies: Springboks vs Argentina at Mbombela Stadium

Bokke
15. Johan Goosen
14. Ruan Combrinck
13. Lionel Mapoe
12. Damian de Allende
11. Bryan Habana
10. Elton Jantjies
9. Faf de Klerk
8. Warren Whiteley
7. Oupa Mohoje
6. Francois Louw
5. Lood de Jager
4. Eben Etzebeth
3. Julian Redelinghuys
2. Adriaan Strauss (kaptein)
1, Tendai Mtawarira

Plaasvervangers: Bongi Mbonambi, Stevan Kitshoff, Vincent Koch, Pieter-Steph du Toit, Jaco Kriel, Rudy Paige, Juan de Jongh en Jesse Kriel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button