Bothma voer Pumas vir eerste keer aan
Devon Williams is vir die Steval Pumas se beginspan vir vanaand se Curriebeker-premierliga teen die Griekwas op Mbombela Stadion, gekies.
Heelagter Justin van Staden het onlangs ‘n toonoperasie ondergaan en sal tot vier maande buite aksie wees.
Pumabreier MJ Mentz moes noodgedwonge ‘n hele paar veranderinge aan sy span, weens ‘n rits beserings, aanbring. Marnus Schoeman is weer terug in die 15-tal met die dat Brian Shabangu ‘n moontlik hartkondisie het.
Hugo Kloppers, wie die Pumas meeste van die seisoen aangevoer het, word deur Jannie Stander op slot vervang. Renaldo Bothma neem die kapteinskap oor.

“Renaldo se ervaring as internasionale kaptein, bring enorme waarde na die span toe. Hy is altyd bereid om sy lyf op die spel te sit. Ons verwag ‘n groot stryd teen die Griekwas,” sê Mentz.
Lees ook: ‘n Droomjaar vir Renaldo Bothma
Nóg ‘n veranderinge aan die Pumas se voorlyn is, De-Jay Terblanche wat die beseerde Khwezi Mona op loskopstut vervang. Mona, wat met sy skouer sukkel, sal sy spanmaats die res van die seisoen van die kantlyn af dophou.
Skrumskakel Emile Temperman is ook in die beginspan omdat Reynier van Rooyen ‘n las van ‘n kniebesering het. Nuweling van die OP Kings, Kevin Luiters kan moontlik sy debuut op skrumskakel vir die Pumas maak. Leigton van Wyk is nog ‘n speler wat vir die eerste keer in die premierliga in die Pumas se beginspan ingesluit is. Marlou van Niekerk skuif na die plaasvervangersbank toe.
Hoffmann Maritz wat lank met ‘n kuitspier gesukkel het, is ook een van die nuwe gesigte op die plaasvervangersbank.
“Ons weet ons is uitgestof in die vorige twee wedstryde, maar die loslootjie het ons die geleentheid gegee om aan klein goedjies te skaaf,” vertel Mentz.
Afskop is om 19:10.
Pumas
15. Devon Williams
14. Bernado Botha
13. Hennie Skorbinski
12. Leighton van Wyk
11. JP Lewis
10. Francois Brummer
9. Emile Temperman
8. Renaldo Bothma,
7. Nardus van der Walt
6. Marnus Schoeman
5. Jannie Stander
4. Wiehan Hay
3. Louis Albertse
2. Frank Herne
1. De-Jay Terblanche
Plaasvervangers: Simon Westraadt, Jacques Kotze, Hugo Kloppers, Carel Greeff, Kevin Luiters, Marlou van Niekerk en Hoffmann Maritz.
