Talle spelers slaan af ten bate van Toddle Tots
Plaaslike spelers het hul gholfstokke gepoets en 'n heerlike dag op die gholfbaan deurgebring ten bate van Toddle Tots Kleuterskool in Komatipoort.
Toddle Tots het op 13 Augustus hul jaarlikse gholfdag by Kambaku Gholfklub gehou.
Dit was ‘n sukses en altesaam 53 spelers het deelgeneem.
Die nuwe skoolhoof, Mary-Ann Steyn het haar personeel en die kleuters se ouers bedank vir hul harde werk, met besondere verwysing na Mandi Botha, ‘n kollega. Sy het ook al die borge bedank vir die kontantbydraes en die goeie pryse.
Dit was ‘n beterbalkompetisie en uitslae is as volg:
Naaste aan die penne:
Putjie 5: Pedro Cristovam
Putjie 8/16: Brian Gordan
Putjie 18: Janette Maritz
Langste dryf: Ouboet Cristovam
Eerste plek: Elias Caldeira en Ouboet Cristovam met 49 punte
Tweede plek: Jaco Botha en Meyer Horn met 46
Derde plek: Jacq Nel en Danny Cato met 46
Vierdie plek: Jan Lourens en Josef Schabert met 45
Vyfde plek: Marina en Janette Maritz met 45
Sesde plek: Pedro en Jaoa Christovam met 44
Sewende plek: Ester Britz en Rose Powell met 43
Agste plek: Piet en Pieter Maritz met 42 punte.
Kyk na foto’s van die deelnemers en wenners hier.
