Local sportSport
Fiks en vietse atlete blink uit
Plaaslike atlete, Diana Loock (33) en Alicia Otto (27) het by die IFBB se provinsiale kompetisie met hulle vietse lyfies 'n tweede plek in hulle onderskeie kategorieë behaal.
Otto het in die beach bikini-afdeling (onder 1,63 meter) deelgeneem en Loock in die fitness-bikini. Na afloop van die kompetisie is die provinsiale span wat die naweek aan die Suid-Afrikaanse kampioenskap gaan deelneem, gekies.

Dit is die eerste jaar wat hierdie twee atlete in die provinsiale span opgeneem is. KwaZulu-Natal bied vanjaar die SA’s in die Playhouse Company, ‘n teater in Durban, aan.
Lees ook: Tessa bult spiere vir volgende ekspo
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
