Local sportSport

Jongspan leer hoe om kolwe te swaai

Ouers en grootouers het met groot opgewondheid opgedaag om te kyk hoe die kleintjies, gr. R tot -3, die sport met oorgawe geniet.

Juniors van verskeie Laeveld-skole het onlangs hulle talent by Laerskool Numbi se jaarlikse krieketdag getoon. Skole wat deelgeneem het was Beertjie, Mickey Muis, Witrivier, Lydenburg, Sabie, Graskop, Penryn, St Peters, Clivia en Numbi.

Ouers en grootouers het met groot opgewondheid opgedaag om te kyk hoe die kleintjies, gr. R tot -3, die sport met oorgawe geniet.

Die jonges was veral opgewonde en slaggereed vir hul eerste sportdag. Party het vir groot vermaak gesorg toe hulle plat op die veld gaan sit het om te kyk hoe die bal verby hulle rol, maar nadat ma of pa hulle later touwys gemaak het, was hulle veldwerk van hoogstaande gehalte.

Hoewel daar nie ‘n wenner op die dag aangewys is nie, het elke kind ‘n sertifikaat vir deelname ontvang.

Volgens Cerina Bezuidenhout, hoof van mini-krieket by Laerskool Numbi, is die hoofdoel van die dag om spelers op ‘n informele vlak blootstelling te gee aan ‘n spansport.

“Om hulle op ‘n vroeë stadium bloot te stel aan die sport, berei hulle voor en motiveer hulle om aktief te bly en later op ‘n kompeterende vlak deel te neem”, sê Bezuidenhout. Die volgende wedstryde vind komende naweek by Laerskool Lydenburg plaas.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button