As die Pienktruie bel, antwoord sy
Jozelle Coetzee, 'n ware Puma-ondersteuner het Dinsdagmiddag haar Samsung J3 by Vodacom gaan afhaal.
Dié gr. 9-leerder van Hoërskool Nelspruit is Vrydagaand by die Steval Pumas se Curriebekerkragmeting teen die Griekwas, as die Pumas se mees getroue ondersteuner gekies.
Lees ook: Pumas kies nuwe senterpaar vir Griekwas-stryd
Haar ma, Issabel, sê dat Jozelle nie een tuiswedstryd misloop nie.
“Sy is baie passievol oor die span en was uit haar nate van blydskap gewees toe sy haar foto in die koerant gesien het.”
Die Mpumalanga Rugby Unie, saam met Laevelder en Vodacom, het ‘n kompetisie aan die begin van die Curriebeker-seisoen geloods. By elke tuiswedstryd word ‘n foto selektief van ‘n ondersteuner geneem wat dan ‘n splinternuwe Samsung ter waarde van R3 000 kan wen.
