Local sportSport

Daar is geen keer aan Jooste Coetzee

Suid-Afrika se top-sprog-bergfietsryer, Jooste Coetzee beklee na die vierde ronde van die Spur Skole-reeks steeds die boonste plek op die punteleer. Na net twee rondes wat oorbly voor die finale ronde by Mankele, kan hy dalk net sy titel verdedig.

Luan Snyman het Saterdag by Penryn College vir Coetzee opdraande gegee, maar die jongeling van Laerskool Malelane het met ‘n tyd van 24:17 klaargemaak met Snyman in die tweede plek in 24:45.

Nicola Beukes was 10de in die sprog-afdeling.
Nicola Beukes was 10de in die sprog-afdeling.

Junior, Liam de Klerk, wat tweede by die provinsiale-reeks vroeër vanjaar by Mankele geëindig het, het met meer as ‘n minuut die wedren gewen. Andreas Kuhn, wat eerste by Mankele was, het teruggeskuif na die vierde plek toe.

Sub-junior, Ainsli de Beer, wat verlede jaar ‘n algehele derde plek by die Suid-Afrikaanse Cross Country verower het, het haar afdeling, danksy ‘n goeie tyd in die eerste van twee rondes, ‘n oorwinning behaal.

IMG_7551 (Medium)
Waldo Potgieter was derde vir sprogs.

Ryan Terry, wat by die Mpumalanga Padfietskampioenskap, ‘n tweede plek in die tydtoets en in die pad-afdeling behaal het, het die jeugkategorie domineer toe hy eerste oor die wenstreep gejaag het.

‘n Naam waaroor die fietsry-gemeenskap opgewonde raak, Monique Swart, het die boonste trappie op die podium vir jeug-vroue ingeneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button