Local sportSport

Skorbinski en Shabangu terug vir Pumas vir Bul-stryd

Steval Pumasenter, Tyler Fisher is sy plek in die 22-tal vir môreaand se Curriebekerstryd teen die Vodacom Blou Bulle op Mbombela Stadion, kwyt.

Hennie Skorbinski wat die wedstryd teen die Boland Kavaliers weens ‘n dyspierbesering misgeloop het, vervang vir Fisher op regtersenter.

Lees ook: Pumas is vol hoop vir ‘n wedstrydwen

Marlou van Niekerk wat laas teen die Xerox Goue Leeus in die begintal was, vervang vir Leighton van Wyk, wat na die plaasvervangersbank toe skuif, op linkersenter.

Pumabreier, MJ Mentz het vier veranderinge aan die voorry aangebring. Lambert Groenewalt sal op regterflank begin, terwyl Marnus Schoeman hierdie week ‘n ruskans gegun word. Van der Walt sal vir die res van die seisoen buite aksie wees met las van ‘n kruisligament. Brian Shabangu wat meer as ‘n maand buite aksie was met ‘n ribbesering, draf in die nommer-ses trui uit.

Brian Shabangu.
Brian Shabangu.

Lees ook: Pumas kies nuwe senterpaar vir Griekwas-stryd

“Marnus word vandeesweek ‘n ruskans gegee om sy selfvertroue te herwin. Ons is regtig gelukkig om Brian terug te hê aangesien hy in goeie vorm voor sy besering was. Hy bring baie ervaring en energie na die spel,” het Mentz gesê.

Jannie Stander skuif terug na regterslot toe met Wiehan Hay as sy slotmaat. Hugo Kloppers, wat oorspronklik van die plaasvervangersbank sou opkom, is Donderdag deur Stephan Greeff vervang.

Lees ook: Al wat kaptein van kleins af wou doen, is rugby speel

“Die spelers is uitgehonger vir ‘n wen. Die Bulle, wat ons al ‘n paar keer op ons tuisveld verslaan het, sal met baie selfvertroue na die Laeveld toe toer. Dit gaan ‘n harde en fisieke spel wees, maar elke keer as ons die Bulle aanvat dien dit outomaties as motivering om ons spel te verbeter,” sê Mentz.

Dit sal die vierde keer wees wat die twee spanne op Mbombela Stadion gaan kragte meet. In die laaste drie tussen die Pretorianers en die Pumas, het die Bulle onderskeidelik met een- en vier punte gewen.

Die wedstryd skop om 19:10 af.

Skeidsregter: Stuart Barry

Stuart Berry.
Stuart Berry.

Assistent skeidsregters: Stefan Geldenhuys en Marnus Meiring.

Pumas
15. Devon Williams
14. Bernado Botha
13. Hennie Skorbinski
12. Marlou van Niekerk
11. JP Lewis
10. Francois Burmmer
9. Emile Temperman
8. Renaldo Bothma
7. Lambert Groenewald
6. Brain Shabangu
5. Jannie Stander
4. Wiehan Hay
3. Marné Coetzee
2. Frank Herne
1. De-Jay Terblanche
Plaasvervangers: Simon Westraadt, Louis Albertse, Stephan Greeff, Carel Greeff, Kevin Luiters, Leighton van Wyk en Ruwellyn Isbell.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button