Local sportSport
BLS se eerstes wys die Nellies wie is baas met die kolf
Die krieketseuns het hierdie seisoen slegs een wedstryd verloor en dit dus op 'n hoë noot afgesluit.
Verlede Woensdag was dit ‘n groot dag op Barberton Laerskool se krieketveld toe hulle eerste span Laerskool Nelspruit se tweedes met 99 lopies geklop het.
Henno de Beer het twee vinnige paaltjies in sy eerste beurt geneem. JC Buys doen die beste die seisoen en neem 5 paaltjies vir net 12 lopies.
Vir die kolwers het Jakes Matthëus 47, nie uit nie, aangeteken en Ricardo du Plessis 27 lopies. Die eerste span van Barberton het al hul wedstryde gewen hierdie seisoen – behalwe teen Malelane.
‘n Baie suksesvolle seisoen is nietemin op ‘n hoë noot afgesluit. Geluk aan die manne.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
