Local sportSport

Pumas word deur Bulle op Mbombela uitgestof

Dit was 'n lang aand vir die Steval Pumas op Mbombela Stadion met die Vodacom Blou Bulle wat heerlik partytjie gehou het. Die Pumas se vertoning was nie Saterdag op standaard nie en dit het hul vyfde agtereenvolgende loesing tot gevolg gehad.

Die Pretorianers het die tuisspan in ‘n partydige Curriebeker-kragmeting met 41-14 verslaan.

“Ons is uitgestof. Die Bulle het ons by ons stelstukke oorheers. Ons was op die aand nie goed genoeg nie,” het die Pumabreier, MJ Mentz, gesê.

Ruwellyn Isbell wat onlangs van ‘n vier maand lange besering teruggekeer het, het die Pumas se enigste drie van die wedstryd laat in die tweede helfte gedruk.

Weereens het die kaptein en agtsteman, Renaldo Bothma, die wedstryd in sy eie hande geneem.

Renaldo Bothma het die wedstryd in eie hande geneem. Foto: Riaan Swanepoel
Renaldo Bothma het die wedstryd in eie hande geneem. Foto: Riaan Swanepoel

Na afloop van Saterdag se stryd, het hy ‘n kneusplek aan sy enkel opgedoen en het gister vir ‘n skandering gegaan. Nóg ‘n ligpunt in dié wedstryd was die flank, Brian Shabangu wat baie hard op die grond gewerk het – hy het ‘n hele paar balle gesteel en heelwat duikslae uitgeoefen.

Meer moedeloos nadat Frank Herne se drie nie toegeken was nie, kon Mentz nie gelyk het nie. Leighton van Wyk is in die 58ste minuut koelkas toe gestuur waar die Bulle se spoedvraat, Jamba Ulengo sy tweede drie van die stryd gedruk het. Sy eerste was in die 49ste minuut.

Die Pumas sukkel nog heel seisoen in die vaste vasette. Marné Coetzee is in die 28ste minuut deur Louis Albertse vervang nadat hy drie strafskoppe in die skrums afgestaan het.

Emile Temperman. Foto: Riaan Swanepoel
Emile Temperman. Foto: Riaan Swanepoel

Die Pumas vertrek dié week na Kaapstad waar hulle teen die Westelike Provnsie te staan sal kom. Die Goue Leeus het die streeptruie Vrydagaand op Emirates Airline Park met 58-22 uitgestof.

Punte
Blou Bulle
Drieë: Jamba Ulengo (2), Ulrich Beyers, Hanro Liebenberg, Travis Ismaiel, Nic de Jager. Doelskoppe: Tiaan Schoeman (3), Joshua Stander. Strafdoel: Schoeman.

Pumas: Drie: Ruwellyn Isbell. Strafdoele: Francois Brummer (3).

So het die res van die spanne gespeel
• Cell C Sharks 30 vs. Vrystaat Cheetahs 38
• Goue Leeus 58 vs. WP 32
• Griekwas 46 vs. Boland Kavaliers 22.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button