Local sportSport

Maritz maak seisoen-buiging

Hoffmann Maritz, wat hierdie seisoen nog nie vir die Steval Pumas in aksie was weens 'n operasie vir 'n dyspierbesering, is in die beginspan vir Saterdag se Curriebekerstryd teen die Westelike Provinsie op Nuweland in Kaapstad.

 

Ruwellyn Isbell wat verlede naweek die Pumas se enigste drie teen die Vodacom Blou Bulle gedruk het, vervang vir Bernado Botha wat na die plaasvervangersbank toe skuif.

“Hoffmann is ‘n man wat ons regtig die seisoen gemis het en dit is opwindend om hom terug te hê. Ons sal op hom steun om dinge op die middelveld te laat gebeur en vertrou dat hy ‘n redelike impak sal hê wanneer die bal in sy hande is,” het Puma-breier MJ Mentz gesê.

Hoffmann Maritz. Foto: Gordon Arons
Hoffmann Maritz. Foto: Gordon Arons

Marné Coetzee is sy plek in die 22-tal kwyt. Louis Albertse wat in die 28ste minuut van die Bul-kragmeting Coetzee op vaskopstut vervang het, is terug in die beginspan met Khwezi Mona wat op loskopstut sal sak.

Marné Coetzee.
Marné Coetzee.

Stephan Greeff wat laas vir die Pumas in die beginspan teen die Cell C Sharks was, maak sy terugkeer in die 15-tal. “Daar is nog nie ‘n enkele wedstryd waar ons voel ons het dit wat ons tydens oefeninge gedoen het, reg uitgevoer nie.

Lees ook: Pumas’ full-back out for the rest of the season

“Ons het baie werk in die vaste fasette ingesit aangesien dit ‘n gebied is wat die seisoen ons in die steek gelaat het. Ons sal ook meer daarop fokus om met die bal in die hand te speel,” sê Mentz.

Pumas
15. Devon Williams
14. Ruwellyn Isbell
13. Hoffmann Maritz
12. Hennie Skorbinski
11. JP Lewis
10. Francois Brummer
9. Emile Temperman
8. Renaldo Bothma
7. Lambert Groenewald
6. Brian Shabangu
5. Jannie Stander
4. Stephan Greeff
3. Louis Albertse
2. Frank Herne
1. Khwezi Mona
Plaasvervangers: Simon Westraadt, De-Jay Terblanché, Hugo Kloppers, Carel Greeff, Kevin Luiters, Heinrich Steyl en Tyler Fisher.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button