Makhonja Sewestoernooi se seuns wys hul staal
Daar is altesaam 72 wedstryde gespeel.

Die sesde Makhonja Sewestoernooi het Saterdag op Hoërskool Barberton se rugbyvelde plaasgevind. ‘n Nuwe o/15-kampioen het uit die stryd getree toe Hoërskool Nelspruit die gasheerskool van hulle titel onttroon het. NHS se o/17’s het óók met die beker weggestap.
Barberton se o/17’s het verlede jaar teen Hoërskool Middelburg (MHS) in die eindstryd vasgeval, en kon vanjaar nie die uitspeelwedstryde haal nie.
Van die plaaslike spanne wat in aksie was, was (NHS), Penryn College, Lowveld High School (LHS), Curro Nelspruit, Rob Ferreira en Sybrand van Niekerk (SVN).
LHS se o/17’s het as plaatwenners van die veld afgestap terwyl die hoëveld se Steelcrest en HTS Witbank onderskeidelik die bowl- en die skildtitel verower het.
Hoërskool Sybrand van Niekerk van Sabie se o/15’s het derde geëindig.
Punteleer
O/17
• Beker – Hoërskool Nelspruit
• Plaat – Lowveld High School
• Bowl – Steelcrest
• Skild – HTS Witbank
O/15
• Beker – Hoërskool Nelspruit
• Plaat – Hoerskool Secunda
• Bowl – Sybrand van Niekerk.






