Impalaklub wil nog lede werf
Gemeenskapslede wat belangstel om by die klub aan te sluit word genooi om die algemene jaarvergadering op 19 Oktober by te woon.

Die Impala Rugbyklub in Komatipoort het vir die derde agtereenvolgende jaar ‘n baie suksesvolle seisoen agter die rug. Dit is danksy die gemeenskap se wonderlike ondersteuning, die sterk band tussen die spelers en ‘n komitee wat goed saamwerk.
Alhoewel die klubrugbyseisoen nou amptelik verby is, bied Impala Rugbyklub nog ‘n hele paar aktiwiteite aan voordat die jaar verby is. Dit sluit in die gewilde jaarlikse “Plaas vs Dorp”-wedstryd, sewesrugby, ‘n gholfdag, ‘n algemene jaarvergadering en die jaareindfunksie. Hou Corridor Gazette en die Impalas se Facebook-blaaie vir meer inligting dop.
Alle belangstellendes word op 19 Oktober om 18:00 na die Impala Rugbyklub se algemene jaarvergadering by die klubhuis genooi.
Daar gaan terugvoer oor die afgelope seisoen en beplanning vir die 2017-seisoen wees.
Persone wat graag by die suksesvolle bestuurspan wil aansluit, moet hul nominasies aan die klubbestuur deurgee. Daar is tans poste vir president, sekretaresse, tesourier, asook addisionele lede beskikbaar.
Navrae: Klubvoorsitter Ben Jordaan by 083-600-1722, of ondervoorsitter Jacques Liebenberg by 072-489-2308.
