Local sportSport

Swemseisoen begin op ‘n hoë noot

Brooklyn Croxon en Hannes Feuth is as die senior victrix- en victor ludorum by Curro Nelspruit se interhuisswemgala aangewys.

Croxon, wat gedurende vanjaar se vlak-2 Suid-Afrikaanse Swemkampioen-skap wat in Durban plaasgevind het, ‘n vierde plek in die 50m- en 100m-vryslag behaal het, ‘n agtste plek in die 200m-individuele wisselslag (IW) en met ‘n eerste plek in die 100m-borsslag gespog het, het al haar items gewen.

Lees ook: Curro-tennisspelers is van top kaliber, binne en buite

Haar eerste goue medalje was in die 200m-IW en daarna was sy ook eerste in die 50m-vryslag, 50m-borsslag, 50m-rugslag en in die 50m-vlinderslag.

Feuth, wat verlede jaar by die Mpumalanga-kampioenskappe ‘n derde plek in die 50m-borsslag-item losgeswem het, het vier eerste plekke ingepalm.

Die junior victor ludorum is aan Eduan Naudé (8) toegeken. Hy was tweede in die 100m-IW wat seuns nege jaar en jonger ingesluit het. Hy was derde in die 25m-vryslag; waar die top-vier almal die rekordtye verbeter het. Hy het die 25m- bors-, rug- en vlinderslag gewen en al drie die rekords verbeter. Die borsslagrekord is met 1,3 sekondes verbeter, die rugslag met 2,5 sekondes en die vlinderslag met ‘n ongelooflike 4,6 sekondes.

Lees ook: Curro kicks of chess with interhouse tournament

Die junior victrix ludorum was Omphile Diale. Diale (8) was sesde in die 100m-IW wat dogters nege jaar en jonger ingesluit het. Sy het tweede in haar borsslagitem gekom. Sy het die 25m-vry-, rug- en vlinderslag gewen en die vlinderslagrekord met 0,5 sekondes verbeter.

Feuth het ‘n nuwe rekord in die borsslagitem vasgepen. Croxon het ook ‘n nuwe rekord in die item opgestel.

“Curro sien na ‘n wonderlike seisoen uit met ‘n hele paar swemmers wat ongelooflike potensiaal wys,” het die afrigter van Curro Swem Akademie, Karlien van Heerden gesê.

Maroelahuis het die dag met feitlik 1 000 punte gewen.

‘n Totaal van 37 rekords tussen die laer- en hoërskool se gala’s is uit 108 items verbeter. Die onderskeie victor en victrix ludorums van die hoërskool se gala word hierdie week aangewys.

Lees ook: Curro joins swimming performance centres

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button