Local sportSport

Twee onnodige drieë kos Pumas die wedstryd

Die Steval Pumas het Saterdagaand teen die Westelike Provinsie op Nuweland in Kaapstad die tipe rugby gespeel wat hulle in 2015 die Vodacombeker verower het.

Mits twee drieë in die laaste 10 minute van die kragmeting deur WP se Leolin Zas en Jan de Klerk, verhoed kon word, sou die uitslag tien teen een heelwat anders gelyk het. Die eindtelling was 31-31 in WP se guns.

“Vanaand het ons gewys wat in ons steek en die rugby wat ons kán speel. Ek is in besonders beïndruk met hoe ons op die aanval gekompeteer het, maar verbroude duikslae en onnoukeurige skopwerk het ons in die steek gelaat. Dit was ‘n groot verbetering op ons vorige wedstryde, en daar is heelwat pluspunte wat ons uit die wedstryd sal vat,” het die Pumabreier, MJ Mentz, gesê.

Die Pumas was vanaf die afskop van die kragmeting op die voorvoet en losskakel Francois Brummer het na vier minute met ‘n skepskop pale toe geslaag.

Lees ook: Maritz maak seisoen-buiging

Die tuisspan het eers na 22 minute, danksy ‘n strafdoel deur Robert de Preez, punte aangeteken.

Voormalige Nelspruiter Werner Kok, het die Streeptruie se eerste vyfpunter aangeteken. Een suksesvolle strafskop uit twee aan Brummer het die rustydtelling op 10-6 te staan gebring.

WP was in die tweede helfte op die aanval en die Pumas het goed gedoen om die tuisspan van hulle doellyn af te hou. Vaskopstut De-Jay Terblanché was skaars ‘n minuut op die veld in die plek van Khwezi Mona, toe hy met ‘n geelkaart afgestuur is. Stefan Willemse het kort hierna ook die veld met ‘n geelkaart na ‘n hoë-duikslag, verlaat.

‘n Mislukte strafskop deur Brummer, het die Pumas van ‘n een-punt verskil ontneem en Huw Jones het die telling vergroot toe hy onder die pale gaan kuier het.

Die voormalige WP-ster, JP Lewis, plaasvervanger Tyler Fisher en die Pumakaptein, Renaldo Bothma, was die ander driedrukkers vir die besoekers.

Haker, Frank Herne sal tot en met Woensdag nie saam met sy spanmaats oefen, weens ‘n buikspierbesering nie. Emile Temperman moet Donderdag ‘n fiksheidtoets slaag nadat hy ook las van ‘n besering het en Hennie Skorbinksi behoort vir Vrydagaand se Cheetah-stryd in aksie te wees.

Skorbinski het ‘n vingerbesering die afgelope naweek aan sy linkerhand opgedoen.

Lees ook: Rugbyspeler se spinnekopbyt erger as verwag

Vrydag se wedstryd skop om 18:45 op Mbombela Stadion af.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button