Plaaslike gimnastiek floreer
Nelspruit Gimnastiek Akademie het na afloop van die Noord-Zone-kampioenskappe in Kempton Park, met 55 medaljes Laeveld toe teruggekeer.
Meer as 1 000 gimnaste van vyf provinsies het vir glorie deelgeneem.
Melissa Ley, het in vlak-3 vir 12 jaar en jonger ‘n algehele derde plek verower. Klein Iane Swart (vlak-2, sewe jaar) het ‘n algehele tweede plek op die podium ingeneem, nadat sy met ‘n tweede plek op die brug en ‘n derde plek op die vloer gespog het.
Lees ook: Gimnaste betower met hul truuks
Haar spanmaat Elisma de Villiers was eerste in dieselfde vlak, maar vir agtjariges. Sy het ‘n puik telling in die spronge behaal en dit het vir haar ook ‘n eerste plek besorg.
In die 11-jaar en ouer-kategorie, het Mieke Louw eerste vir vloer en tweede op die brug gekom waar sy algeheel eerste was.
Sesjarige Karmia van Jaarsveld het haar staal op die balk en die vloer gewys en met die algehele eerste plek in vlak-1 weggestap.
Lees ook: Groentjies sit hul beste voetjie voor
Menique van Zyl het met haar tweede plek op spronge, ook eerste geëindig.
Jasmin Muller (8) en Malise de Villiers (12 jaar en onder) was onderskeidelik tweede en derde. Muller het ‘n eerste plek op die balk gekry en ‘n derde op die brug.
Malise het in die spronge en op die balk ‘n tweede plek behaal.
Darius du Plessis het die beste van die seuns in vlak 2 vir sewe- tot agtjariges gevaar toe hy ‘n algehele derde plek ingeneem het.

