Local sportSport

Gholfdag suksesvol ondanks ‘n sterk wind

Ten spyte van Saterdag se triestige weer en die wind wat houe beïnvloed het, het spelers Lien se Kleuternes se jaarlikse gholfdag by die Kambaku Gholfklub geniet.

Twee-en-tagtig gholfspelers het Saterdag Lien se Kleuternes se fondsinsamelingsinitiatief ondersteun. Die golfdag se formaat was ‘n beterbal en scramble drive en daar was ‘n verskeidenheid pryse soos kruiwaens vol kruideniersware en drinkgoed op die spel.

Christa Prinsloo ontvang die prys van 'n kruiwa vol kruideniersware namens haar seun, Nico.
Christa Prinsloo ontvang die prys van ‘n kruiwa vol kruideniersware namens haar seun, Nico.

Malelane TyreMart, Harcourts en Cell C Malelane het elk by ‘n bof ‘n stalletjie gehad.

Fondse wat ingesamel is, sal aangewend word om opvoedkundige benodigdhede aan te skaf, asook die onderhoud en herstel van die skoolgebou in Hectorspruit.

Spelers se gesinne het die middag by hulle aangesluit en die kinders het heerlik baljaar. Die prysuitdeling is deur Minette Swartz met ‘n Bybelversie en gebed geopen, voordat die wenners met breë glimlagte hul pryse ontvang het. Daarna het almal saam aandete geëet en die volwassenes kon kuier en ontspan.

Minette Brits open met 'n versie en gebed.
Minette Brits open met ‘n versie en gebed.

Uitslae:

Eerste: Lucas Britz en Rose Powell (51)

Tweede: George Muller en Roelf Fritz (48)

Derde: Ester Britz en Rose Powell (48)

Vierde: Johan Walters en Chanelle de Kock (47)

Vyfde: Zaydan van Rensburg en Baitjie de Klerk (45)

Sesde :Nadia Concalves en Ezielle Basson (43)

Sewende: Neville & Andre Fourie (43)

Agste: Brain Forsman & Jenny Forman (43)

Negende: Janette Maritz & Rohan Greyvenstein (43)

Tiende: Reichardt Scholtz & Ricky Coetzee (43)

Elfde: Andre Nel & Marius Coetzee (42)

Twaalfde: Divan Smith & Eugene du Toit (42)

Dertiende: Mauritz Mostert & Danny (42)

 

Naaste aan die pen: Gat 5 – George Muller

Gat 8 en 16 – Roan Mostert

Gat 18 – Mel Stronkhorst

 

Langste dryf vroue: Gat 10 – Chanelle de Kock

Langste dryf mans: Gat 10 – Bartjie de Klerk

Langste dag – Alex de Kock en Anton du Toit.

Wenner van die gelukkige trekking, Alex de Kock saam met Jangke Brits.
Wenner van die gelukkige trekking, Alex de Kock saam met Jangke Brits.

Vir meer foto’s van die wenners, klik hier.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button