Local sportSport

Besighede spook om trofee in pret rugbytoernooi

Agt rugbyspanne het verlede Vrydagaand aan 'n prettige tag-rugbytoernooi van Desiland Kleuterskool deelgeneem.

Die skemerstilte van Malelane Rugbyklub is Vrydagaand versteur deur die gejil van toeskouers en rugbyspelers. Agt tag-rugbyspanne het op die veld gedraf vir ‘n pret-toernooi wat deur Desiland Kleuterskool gereël is.

Laeveld Trekkers, Laeveld Agrochem, Mascor John Deere, BUCO, Malelane Rugbyclub, Nethog en Desiland Kleuterskool het elk ‘n span ingeskryf. Daar was sewe spelers per span, waarvan twee vroue moes wees.

Daar is nie duikslae uitgevoer soos in tradisionele rugby nie, maar elke speler het ‘n gordel met twee tags gedra. As daar aan die tags gepluk is, moes die speler die bal uitgee. Sodoende is beserings beperk en het die kinkel-in-die-kabel vir groot sports op die veld gesorg.

Alhoewel die wedstryde kort was, was dit aksie-belaai en toeskouers het kort-kort drifting vir hul span geskree.

Spanne het twee-twee teen mekaar gespeel en die wenners het dan teen mekaar gespeel tot die eindelike wenners na die derde wedstryd gekroon is.

Die span van Mascor John Deere het met die louere weggestap en behoorlik feesgevier.

Verskeie gelukkige trekkings is ook deur die loop van die aand gehou en spelers het met geskenkbewyse en ander pryse weggestap.

Toeskouers, spelers en beamptes het na die tyd heerlik om die braaivleisvuur en in die kroeg gekuier, terwyl die kinders op die springkasteel baljaar en hul eie weergawe van rugby op die veld gespeel het.

Desiland Kleuterskool bedank graag almal wat bygedra tot die sukses van die geleentheid en die besighede wat in geskryf het vir hul ondersteuning.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button