Local sportSport

Mentz kies Luiters vir beginspan teen Cheetahs

Voormalige Varsitybeker-speler vir die Universiteit van Johannesburg, Jeremy Jordaan, is in die plek van die slot, Hugo Kloppers, op die plaasvervangersbank vir die Steval Pumas se Curriebeker-ontmoeting vanaand teen die Toyota Vrystaat Cheetahs ingesluit.

Heelagter Heinrich Steyl, wat verlede naweek sy terugkeer vir die Pumas teen die Westelike Provinsie na ‘n besering gemaak het, is in die 15-tal in die plek van Devon Williams.

Steyl was vroeër vanjaar die Pumas se held teen die Leeus in KaNyamazane toe hy 20 punte aangeteken het, waarvan 15 met sy skopvoet was en een ‘n drie.

Lees ook: Pumas se Fisher druk wendrie teen Cheetahs

“Heinrich het ‘n groot impak van die bank teen die WP gemaak. Kevin (Luiters) het ook baie goed op skrumskakel gevaar. “Die veranderinge vandeesweek, was nie as gevolg van vorm of beserings nie, maar eerder as deel van ons rotasie-struktuur,” het Puma-breier MJ Mentz gesê.

Jeremy Jordaan. Foto: André Meintjies
Jeremy Jordaan. Foto: André Meintjies

Luiters begin in die plek van Emile Temperman. Temperman het eers gister ‘n fiksheidtoets geslaag nadat hy die week nog met ‘n bobeenspierbesering gesukkel het.

Die Pumas is na sewe wedstryde steeds wenloos. Na vanaand se kragmeting, bly net die OP Kings op die Pumas se spyskaart oor.

Lees ook: Voormalige Puma sluit by Cheetahs aan

“Ons fokus vanaand gaan wees om ‘n beter balans tussen die aanval en verdediging te hê. Die Cheetahs hou ‘n groot bedreiging in wat aanvalle betref en hou daarvoor om met die bal uit hul eie halfgebied te hardloop,” het Mentz gesê.

Die kragmeting skop om 18:45 op Mbombela Stadion af.

Pumas

15. Heinrich Steyl
14. Ruwellyn Isbell
13. Hoffmann Maritz
12. Hennie Skorbinski
11. JP Lewis
10. Francois Brummer
9. Kevin Luiters
8. Renaldo Bothma
7. Lambert Groenewald
6. Brian Shabangu
5. Jannie Stander
4. Stephan Greeff
3. Louis Albertse
2. Frank Herne
1. Khwezi Mona.
Plaasvervangers: Simon Westraadt, De-Jay Terblanché, Jeremy Jordaan, Carel Greeff, Emile Temperman, Devon Williams en Tyler Fisher.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button