Chemaly palm eerste titel vanjaar in
Plaaslike liggaamsbouer, Byron Chemaly het met sy eerste deelname aan 'n kompetisie vanjaar, 'n algehele eerste plek verower.

Hy het onlangs aan The underdog South Africa-kompetisie in Benoni sy spiere gebult.
In die front-cover-afdeling wat op die maag, bene en arms konsentreer, het Chemaly ‘n tweede plek behaal en in die muscle model-kategorie ‘n eerste plek. Daar was vier kategorieë en die wenner van elke kategorie het vir die algehele kampioene kompeteer.
“Die beoordeellaars kyk na jou persoonlikheid op die verhoog, jou selfvertroue en liggaamsbou. Ek het baie hard vir hierdie kompetisie voorberei en om met ‘n eerste plek weg te stap is iets wat in my agterkop was. Ek is baie tevrede met hoe ek gevaar het,” sê Chemaly.
Aan die einde van Oktober, gaan hy aan die United for Fitness-kompetisie by Vodaworld in Midrand deelneem. “Sonder my vrou, vriende en familie se ondersteuning sou ek nie hier uitgekom het nie.”


