Lanies-hokkiespelers vaar goed
Laerskool Malelane se hokkiespelers het die seisoen op 'n goeie noot afgesluit met deelname aan die Mpumalanga Top 12-uitspele.
Drie van Laerskool Malelane se hokkiespanne het onlangs aan die Mpumalanga Top 12-uitspele gaan deelneem.
Die o/11- seuns, o/11-dogters en o/13-dogters het by Hockey Farm tussen Middelburg en Witbank, sake met van die provinsie se beste spanne gaan uitspook.
Die seuns het op 16 en 17 September twee keer op die veld gedraf. Hulle het gelykop teen Laerskool Kruinpark, met een doel elk gespeel, en het 1-0 teen Laerskool Kragbron verloor.
Die dogters het op 23 en 24 September aan die uitspele deelgeneem. Die o/13-span het gelykop gespeel, met een doel elk teen Kragbron en teen JJ van der Merwe verloor. Die o/11’s het teen JJ van der Merwe met 2-0 verloor en 1-0 teen Laerskool Taalfees.
Die skool is baie trots op die hokkie-spelers en is bly die seisoen kon op so ‘n goeie noot afsluit.

