Local sportSport

Krieketspanne maak Laerskool Malelane trots

Laerskool Malelane se krieketspelers het hierdie kwartaal besonder goed gevaar.

Die o/11- en eerste krieketspanne is as Ehlanzeni-wenners vir mediumskole aangewys. Die spanne kom na die vakansie teen Laerskool Marietjie van Niekerk van Bethal vir die Mpumalanga-eindronde te staan.

Vier spelers gaan die provinsie by die 2016-nasionale-weke verteenwoordig. Hamzah Patel (o/13), Abdullah Moosa (o/12), Abdullah Patel en Rayyan Patel (o/11) is vir die Mpumalanga-spanne in hul onderskeie ouderdomsgroepe gekies.

Die skool is ook trots op Keagan Jansen van Vuuren, een van hul topkolwers, wat die afgelope paar maande drie agtereenvolgende 100-talle tydens wedstryde behaal het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button