Local sportSport

Pumas beleef seker een van swakste seisoene nóg

"Ons het ons getroue ondersteuners deur die loop van die jare teleurgestel en daaroor is ons jammer."

Die Steval Pumas was Vrydagaand op Mbombela Stadion vir die sewende agtereenvolgende Curriebeker-kragmeting aan die verloorkant toe die Toyota Vrystaat Cheetahs met 52-10 geseëvier het.

“Ons is uitgestof en kon net nie by die Cheetahs se tempo bybly nie. As ons nie kompeterend in die vaste fasette kan wees nie, kan ons nie verwag om ‘n wedstryd te wen nie. Van ons kant af, is ons baie teleurgesteld en besef dat ons ondersteuners wat met elke tuiswedstryd ons aangemoedig het, net so ongelukkig is. Ons is ‘n jong span, en ons sal volgende jaar beter rugby speel,” het ‘n terneergedrukte Puma-breier MJ Mentz gesê.

MJ Mentz.
MJ Mentz.

Die Pumas speel vanjaar hulle laaste wedstryd eerskomende naweek teen die OP Kings, wat ook hierdie seisoen nog nie in een kragmeting aan die wenkant was nie. Die span van die Baai, het Saterdag ‘n pak slae teen die Xerox Goue Leeus gekry toe hulle met 71-7 verslaan is.

Lees ook: Uitkoms van Pumas se gevry na OP-Kings onseker

Losskakel van die Pumas, Francois Brummer sal nie vir die Kings-wedstryd oorweeg word nie, na ‘n ribbesering. Kaptein, Renaldo Bothma en Hoffmann Maritz, sal eers later die week ‘n finale regmerkie van die mediese span kry.

Die Vrystaters se Rayno Benjamin het ‘n driekuns in die Puma-stryd behaal en is ‘n speler wat in die toekoms mee rekening gehou kan word. Dit was reeds teen rustyd neusie verby vir die tuisspan met ‘n agterstand van 31-3.

Slot Jeremy Jordaan, wat Vrydag sy debuut vir die Pumas gemaak het, was seker die enigste ligpunt van die aand en die seisoen kon heelwat anders uitgedraai het as hy vroeër beskikbaar was. So ook het Kevin Luiters, wat in die plek van Emile Temperman op skrumskakel gekies is, bewys dat hy ‘n groot aanspraakmaker vir die Laevelders in die toekoms kan wees.

Lees ook: Pumas bekom dienste van Superspelers

Die Cheetahs is van ‘n halfeindstryd in die Rosestad verseker.

“Natuurlik is dit ‘n klop op die skouer dat ons nog nie een wedstryd hierdie seisoen verloor het nie, maar ons wil week na week ons spel verbeter,” het afrigter van die Bloemfonteiners, Franco Smit gesê.

Franco Smith.
Franco Smith.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button