Local sportSport

Pumas groet twee van hulle helde

Asof die Steval Pumas nie in as en sak na 'n vrugtelose Curriebeker-reeks is nie, groet hulle vanaand twee spelers wat diep spore in Laeveld-rugby getrap het - Renaldo Bothma en Heinrich Steyl.

Bothma het vroeër vanjaar ‘n kontrak met die Blou Bulle Rugby Unie gesluit en sal ná die naweek se kragemting teen die OP Kings in Port Elizabeth, na Pretoria verhuis terwyl Steyl voltyds rekeningkunde wil studeer. Puma-breier, MJ Mentz het ‘n hele paar veranderinge aan die span vir die stryd in die Baai aangebring.

Heinrich Steyl. Foto: Hennie Homann
Heinrich Steyl. Foto: Hennie Homann

 

“Ons is uitgehonger vir ‘n oorwinning en die nuwe ouens wat vandeesweek inkom, besef die belangrikheid om te wen. Die Kings het goeie rugby in die eerste helfte van elke wedstryd dié seisoen gespeel en sal net so oorgehaal vir ‘n wen wees. Dit is nooit lekker om betrokke te wees in ‘n onder-op-die-lysbotsing nie, maar selfs in so ‘n geval is daar nog baie om voor te speel,” het Mentz gesê.

Lees ook: Pumas beat Lions in Steyl at KaNyamazane

Hennie Skorbinski en Lambert Groenewald is twee spelers wat nie oorweeg kon word nie. Skorbinski moet ‘n vingeroperasie ondergaan. Leighton van Wyk sal die nommer 12-trui oor sy kop trek. Carel Greeff is in die begin 15-tal ingesluit met dié dat Groenewald brongitis het. Steyl skuif van heelagter na die losskakelposisie toe, aangesien Francois Brummer ‘n enkelbesering het.

Jeremy Jordaan wat verlede week sy Puma-debuut teen die Toyota Vrystaat Cheetahs op Mbombela gemaak het, vervang vir Stephan Greeff wat nie deel van die 22-tal is nie.

“Dit was ‘n groot voorreg om sulke talentvolle rugbyspelers by die Pumas te hê en ons wens hulle alle sterkte vir die toekoms toe. Ons hoop ons kan die manne wat ons die seisoen verlaat, met ‘n oorwinning groet,” het Mentz gesê.

 

Lees ook: Pumas’ full-back out for the rest of the season

Deon Helberg, wat die laaste keer vir die Pumas in die tweede ronde teen die Xerox Goue Leeus uitgedraf het, is op die plaasvervangersbank.

Renaldo Bothma,
Renaldo Bothma,

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button