Local sportSport

Gholfspelers vier só Erfenisdag

Terwyl duisende Suid-Afrikaners Erfenisdag rondom die braaivleisvure gevier het, het 87 plaaslike spelers dit by die Malelane Gholfklub deurgebring.

Die Nederduitsch Hervormde Kerk het hul suksesvolste jaarlikse gholfdag tot dusver gehad, met pryse ter waarde van R50 000 op die spel.

Die deelnemers het in pare gespeel en het die koel weer en ligte briesie baie geniet.

Daar is ook by ses putjies ‘n lafenis deur die putjieborge aangebied, wat die spel geselliger gemaak het namate die dag gevorder het.

Teen skemer het die meeste hul stokke weggepak en heerlik op die klub se stoep, voor die prysuitdeling, saamgekuier.

Hoofborg Nelspruit Ford het ‘n paar voertuie, insluitend die Ford Mustang, voor die klubhuis uitgestal.

Stephan Venter van Ford Nelspruit het ‘n spreukbeurt gekry en aange-kondig dat hulle volgende jaar ‘n tak in Malalane gaan open.

Hein le Roux, Chantelle van Heerden, Charl Scheffer en Stephan Venter van Nelspruit Ford.
Hein le Roux, Chantelle van Heerden, Charl Scheffer en Stephan Venter van Nelspruit Ford.

Hulle begin vroeg volgende jaar bou en beplan om teen Junie hul deure oop te maak.

Die aankondiging is met groot entoesiasme deur die plaaslike Ford-aanhangers begroet.

Daarna is ‘n veiling van goedere, vanaf ‘n springbok en koelsakke vol verrassings, tot verblyf en helikoptervlugte gehou, met sommige spelers wat hul hande diep in hul sakke vir die kerk gesteek het.

Die eerste 15 spanne, asook wenners van naaste aan die pen en langste dag, het daarna pryse ontvang.

Uitslae:

Eerste: Nico Matthee en Chanelle de Kock

Tweede: J. Martie en P. Lombard

Derde: J. Bason en C. Breytenbach

Vierde: Roelf Fritz en Neels van Antwerpen

Vyfde: John Martin and Bob Thornley

Naaste aan die pen was Peter Lombard op 2 en 11, Roelf Fritz op 8 en 17 en Mark Britz op 9 en 18

• Die langste dryfhou vir die vroue was Chanelle de Kock.

Na die prysuitdeling het almal aan die heerlike kos gesmul wat deur vroue van die kerk voorberei is.

Die gemeente wil almal wat betrokke by die reëlings was, hartlik bedank vir hul bydrae. “Al was dit harde werk, was dit op die einde beslis die moeite werd.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button