NGA se atlete is op pad na die Gim-spele
Tydens verlede jaar se Suid-Afrikaanse Gim-spele, het Nelspruit Gimnastiek Akademie (NGA) agt medaljes teruggebring Laeveld toe, en hulle hoop om vanjaar op hierdie getal te verbeter.

Altesaam 15 gimnaste neem van môre tot Saterdag in Kaapstad aan een van die land se mees gesogte kompetisies deel.
Lees ook: SA’s wink vir drie gimnaste van NGA
NGA se gimnaste het tydens die Mpumalanga-kampioenskappe uitsonderlike prestasies behaal en is vir die 18de agtereenvolgende jaar as die beste senior- en juniorspan aangewys.
“Elkeen van die atlete het vanjaar besonder hard gewerk en ek is baie trots op hulle,” het die afrigter, Maré Putter, gesê.
Zuziwe Mayenyane was verlede jaar algeheel tweede en sal die week in die Kaap in aksie wees.
Lees ook: Nelspruit Gimnastiek Akademie spog met prestasies
Nóg ‘n gimnas wat verlede jaar op die podium gestaan het, Crystal Kellar, sal ook vanjaar weer as een van die land se bestes aangewys wil word. ‘n Naam wat gerus in die toekoms dopgehou kan word, is
Shené Coetzee wat verlede jaar in Eldoraign net-net ‘n plek in die top-drie uitgemis het.
Só lyk die span:
Vlak ses
• Larise Combrink
• Shene Coetzee
• Larusha Scheepers
• Crystal Kellar
Vlak vyf
• Jano Putter
• Zuziwe Mayenjane
• Febe Gartner
• Kayla Cornish
Vlak vier
• Zoe Scheeepers
• Amore Gerber
• Jualique Rautenbach
• Inge Braun
• Dante Gerber
• Sune Graham
• Yvona Louw.
