Local sportSport

Blou span wen Komati se eie Ryder Cup

Plaaslike gholfspelers het die afgelope naweek aan die Kambaku Gholfklub se eie Ryder Cup-gholftoernooi deelgeneem.

Die Kambaku Gholfklub in Komatipoort reël elke jaar hul eie weergawe van die internasionale Ryder Cup-gholftoernooi waar klublede in twee spanne opgedeel word en om die beker meeding.

Tydens hierdie jaar se Ryder Cup, van 30 September tot 2 Oktober in Skotland, het Amerika vir die eerste keer sedert 2008 weer daarin geslaag om Europa te wen. Vir die eerste keer sedert 1975 het elke speler in Amerika se span ten minste een wedstryd gewen.

Die spelers het tydens die plaaslike toernooi net sulke goeie spanwerk en puik vaardighede tentoongestel.

Die stryd tussen die Blou- en Rooi-spanne het Vrydag en Saterdag plaasgevind, met die Blou-span wat as die wenners uit die stryd getree het.

Antoni Britz, Meyer Horn, Danny Cato, Stefan Greyvenstein, Nico Kruger, Piet Maritz, Jan Steyn, Christo Louw, Henk Mostert, Mauritz Mostert, Gerrie Kemp, Elias Caldeira en Jacq Nel (Kaptein).
Antoni Britz, Meyer Horn, Danny Cato, Stefan Greyvenstein, Nico Kruger, Piet Maritz, Jan Steyn, Christo Louw, Henk Mostert, Mauritz Mostert, Gerrie Kemp, Elias Caldeira en Jacq Nel (Kaptein).

Vrydag se stryd was ‘n Beterbal-kompetisie, waar twee spelers uit elke span oor 18 putjies meegeding het. Die Rooispan het die dag met ’n voorsprong van drie en ‘n half teenoor die twee en ‘n half van die Blou-span afgesluit.

Piet van Dyk, Lukas Britz, Gerhard Basson, Pierre Cronje, Davey Fouche, Roan Mostert, Pieter Maritz, Pedro Christovam, PJ Loock, Nardus Broodryk (Kaptein), Conrad Bezuidenhout, Chris Coetzee en Johan Basson (afwesig).
Piet van Dyk, Lukas Britz, Gerhard Basson, Pierre Cronje, Davey Fouche, Roan Mostert, Pieter Maritz, Pedro Christovam, PJ Loock, Nardus Broodryk (Kaptein), Conrad Bezuidenhout, Chris Coetzee en Johan Basson (afwesig).

Daar was terselfdetyd ‘n nege-putjie vleiskompetisie, wat deur Francois Nel van Nedbank geborg is, wat gesorg het dat die ander spelers ook ‘n paar uur op die baan hul vaardighede kon slyp.

Roan Mostert was die naaste aan die pen op putjie 5, Pieter Maritz by putjie 8 en Jan van Dyk by putjie 18. Rose Powell het die langste dryfhou van die dames gehad en Antonie Britz was die manswenner.

Na die eerste ronde van die tweede dag, het die Blouspan voorgeloop met vyf en ‘n half teenoor die Rooi-span se ses en ‘n half. Die stryd is voortgesit met ‘n enkelspel-matchplay en die Bloues het hul opponente hier behoorlik uitgestof.

Die meeste van die spelers het putjie 10 as ’n nagmerrie beskryf en vertel dat die gat baie moeilik geplaas is en die bal telkens teruggerol het indien dit nie ‘n kolhou was nie.

Elias Caldeira het egter ‘n puik ronde bekleef en hier ‘n voëltjie behaal.

Die eindtelling was 14 en ‘n half tenoor agt en ‘n half, in die guns van die Blouspan.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button